kategorieë: Ons menseBekendes

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat mense laat gons. En dat mense oor Op skou gaan praat, is nie altemit nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die naam sê presies waaroor die reeks gaan, maar daar word nie gekyk na plattelandse landbouskoue of die enorme stedelike skoue waar daar alles van paddas tot perde te sien is nie. Hier gaan dit oor skoue met ’n spesifieke fokus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ingrid Engelbrecht, een van die vervaardigers van Op skou, is baie opgewonde om hierdie reeks die lig te laat sien wat om buitengewone skoue en stokperdjies draai.

“Ons ontmoet doodgewone mense met ongewone stokperdjies en passies, en vind uit wat hulle harte vinniger laat klop.

“Elke episode het ’n ander tema: van honde en karre tot dans en skoonheid – daar is iets vir almal. Op skou volg verskillende mense in hulle voorbereiding vir ’n skou of kompetisie en wys ook hulle deelname daaraan,” vertel sy.

Die reeks vier passie en die waagmoed om drome na te jaag. En, verduidelik Ingrid, die deelnemers aan hierdie uiteenlopende reeks skoue is nie afhanklik van hul passie om ’n inkomste te genereer nie.

“Ons het besef hoe kosbaar ’n stokperdjie kan wees. En elke persoon wat in Op skou verskyn, het ’n spesiale storie en emosionele motivering wat hulle dryf om hulself aan hierdie kompetisies bloot te stel.”

Lees ook: Wat soek Kokkedoor: Son & See se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die reeks bestaan uit agt episodes, en elke episode is propvol unieke inhoud. In die eerste episode val die kollig op die mens se beste vriend. Daar word na verskillende afdelings en aspekte van hondeskoue gekyk, en kykers leer van die toegewyde deelnemers aan hierdie geleenthede ken.

Reneé het baie goed op die gebied van waterski en vrystyldans presteer, maar sy het uiteindelik ’n hondehanteerder geword wat honde in voorbereiding op honderatsheidskompetisies (Dog Agility in Engels) afrig om hulle vlugvoetigheid te verbeter.

Dory het aanvanklik uithouritte met perde gedoen, maar ná ’n baie slegte val, het honde haar weer op die been gehelp. Stoffel, haar optelwoefie, het met sy ratsheid telkemale oor haar kombuisdeur tot binne in haar hart gespring en haar op die pad van nuwe lewensvreugde geplaas.

Susan Kleinhans (68) neem al vir die afgelope 18 jaar aan honderatsheidskompetisies deel. DaiDai was aanvanklik net haar troeteldier, maar dié klein uitblinker draf sommer met haar eie leiband in haar mond die roete saam met Susan wanneer sy ander honde om die baan lei.

Die hondeskoue, waar honderatsheidskompetisies een van die afdelings is, is indrukwekkende geleenthede. Volgens Louis Kruger, eienaar van Pet Expo, word daar 350-400 honde per skou verwag.

Die eienaars erken prontuit hulle is baie kompeterend, maar uiteindelik is dit juis hulle diere wat hulle nederig hou.

“Die eerlikheid van hierdie stories is waarby kykers aanklank sal vind. Op skou bied jou die geleentheid om saam te lag, te huil en opgewonde te word oor die groot kompetisiedag,” sê Ingrid.

Die voorbereiding op skou-items is allermins kinderspeletjies. Van die honde gaan na hul eie gimnasium. Daar is ’n fisioterapeut wat seker maak alles buig en beweeg soos dit moet. Dan is daar natuurlik die fiksheidsaspek waarvoor spesifieke oefeninge gedoen word om, byvoorbeeld, hul agterbene te versterk vir spronge.

Maar te oordeel aan al die swaaiende sterte, is ’n hondelewe en ’n lewe saam met honde glad nie te versmaai nie.

Op skou wys vanaf Woensdag 7 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in Suidooster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

3 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

4 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

8 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Die lied van haar lewe Sy het ʼn Safta-toekenning vir haar spel in…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.