Oor tien dae is ek daar. Iewers in die middel van nêrens. ’n Plek waar jy wonder en wroeg, vrede vind en vere voel. Ek word 43. Nêrens, op pad na êrens.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dis in die gym dat ek aan dié twak lê en dink. Plat op my maag, agterstewe in die lug, terwyl ek ongemaklik blootgestel die oorgroot-T-hemp oor my boude probeer trek, en daar hou. Elke nou en dan vang ek skaam-skrams die blik van die baie jong biokinetikus wat alles in sy jeugdige vermoë probeer doen om die skade van tyd te herstel. Hy’s hopeloos te ordentlik om dit te sê, maar ek sien dwarsdeur hom: “Hoe gaan ek hierdie uitdaging baasraak?” wonder hy. Dink ek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Toemaar, Seun. Op amper-43 is daar hoop. Praat ek myself (en hom) moed in. As my lyf net so fiks soos my brein kan wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Want op 43 het Marie Curie haar tweede Nobelprys vir die isolasie van radium gewen. Die musiekonderwyser William Herschel het Uranus ontdek. John F. Kennedy word op 43 die jongste Amerikaanse president. Digter Samuel Taylor Coleridge skryf die gedig Kubla Khan.
Só sê my vriend Google as ek in die oggendure tussen berge werk sit tob oor óf hierdie geboortedag belangrik genoeg is om te vier, of nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Want wie vier nêrens? En 43 is nêrens.
Ek sink dieper in my verjaarsdaggat. Probeer nie daaraan dink dat ek op my ma se 43ste verjaarsdag al 19 jaar oud was nie. My eie oudste nou ’n skamele 9, sy sussie skaars 6.
Dan kyk die jong biokinetikus weer dwarsdeur my. “Daardie spiere is daar. Jy moet hulle net weer leer werk.” En dan: “Goed so. Mooi. Jy kry dit reg.”
Net daar stap ek oor die verhoog om my eie Nobelprys te gaan haal, ontdek ek my eie planeet, word president en skryf ’n gedig of drie.
Dalk, net dalk, is nêrens êrens.
Ek maak my lys. In my 43ste jaar wil ek die ongemaklike oortollighede afskud (ja, meer as die lyf, mense en dinge ook) en my spiere ontdek, praat wanneer ék wil praat, lag wanneer ék wil lag, en sonder verduideliking huil as ék daarna voel. Ek wil op my ma en pa se stoep kuier solank ek kan, en kyk hoe my kinders die lewe leer ken. Ek wil New York se strate stukkend loop en in Amsterdam se middestad my pad op ’n fiets tussen die trems en skares vind.
Ek wil die pad na êrens loop. Ek wil.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Naskrif: O ja. Hou dop, ons gaan 43 vier. Die uitnodigings kom!
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.