kategorieë: Ontspanning

Op ons radar: Nul is nie Niks nie

Die briljante vertolkings van die talentvolle jong akteurs blaas sommer nuwe lewe in die storie. “Die proses om die rolle toe te ken, was redelik omvattend en meer as 400 kinders het vir oudisies opgedaag,” het die regisseur, Morné du Toit, gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons het gelukkig drie lewenslustige tjokkertjies gekry wat regtig kleur aan die storie verleen het. Jaden van der Merwe het eerste ’n rol losgeslaan en het hoë standaarde vir die ander gestel. En toe ons die klompie die eerste keer tydens repetisies gesien het, het ons geweet dat ons die spyker op die kop geslaan het, want saam verleen hulle soveel volwassenheid aan die karakters wat hulle speel. In ’n ommeswaai van die tradisionele rolle, is dit hulle wat die volwassenes leer en help met hul transformasie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die dertienjarige Hoender is ’n wiskunde-genie en suksesvolle hoenderboer wat sakgeld verdien deur hoendereiers te verkoop. Sy ma het op die dag van haar man se dood ‘ophou lewe’ en is glad nie meer betrokke by haar kinders se lewens nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer Drikus by die buurhuis intrek, word hy en Hoender vinnig vriende en Hoender ontdek dat die nuwe buurseun Hodgkin se Siekte het. Drikus noem aan Hoender dat dit sy laaste wens is om ’n zombie-fliek te maak. Die bende se derde lid is Chris, Hoender se droommeisie. Die drietal vorm vinnig ’n onbreekbare band en ontvlug saam van hulle eentonige daaglikse bestaan.

Drikus se deursettingsvermoë en genadelose vasberadenheid om lewe in die gevrekte gemeenskap waarin die driemanskap woon te blaas, gee hulle ’n nuwe doel voor oë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rolprent is deur Redhead Productions en Faith in Motion Productions, in samewerking met kykNET Films, die ATKV en die Departement van Handel en Nywerheid, vervaardig. Dit word in Suid-Afrika deur Indigenous Film Distribution versprei en sal op 7 Julie landwyd in teaters uitgereik word.

Kyk na die lokprent hier:

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.