kategorieë: Kos

Op die speseryroete

Spesery Geur Gebruik so
Vars kerrieblare'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kerrieblare is nie afkomstig van die kerrieplant nie en is ook nie die geheim agter kerriepoeier nie

Unieke sitrusgeur Dit kan nie sommer in ’n resep vervang word nie. Die gedroogde blare is beskikbaar in die meeste supermarkte
Komyn (jeera)'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Komynsaad word omtrent altyd in kerries gebruik

Bitsig, aards, effens bitter en talmend Meng met maaskaas en suurlemoensap vir ’n doopsous. Sprinkel oor braaivleis en sit voor met tahini-sous. Komyn en pampoen is pasmaats
Steranys'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Steranys is kenmerkend vir Oosterse geregte (Chinees en Viëtnamees)

Bitsig, met ’n sterker liquorice-geur as anys. Verfris die mond Voeg ’n bietjie gemaalde steranys by roerbraai, kerries en sjokoladekoek. Gebruik heel om geposjeerde pere te geur. Heerlik saam met vark en eend.
Brandrissies

Vars brandrissies gee ’n branderige smaak aan ’n gereg en bevorder ook die geur van die ander speserye.

Vars: baie skerp, vrugtig. Droog: gekarameliseer, tabak en rokerig. Gebruik om olies en vodka te geur. Probeer roomys met ’n knypie brandrissie.
Kaneel (dalchini)'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soet, geurig en delikaat.

Sprinkel oor geroosterde vrugte, Franse roosterbrood of klits saam met botter en sit voor met ontbytpap of wafels. Gebruik ook saam met lamskenkels, hoender, kerries of oor groente.
Borrie (haldi)
(of Indiese saffraan).

Dit word soms in die plek van saffraan gebruik.

Binder ander geure saam, subtiel aards. Hierdie goudkleurige poeier word gemaak deur ’n wortel, wat amper soos vars gemmer lyk, te droog en dan te maal. Word hoofsaaklik as kleurmiddel gebruik, hoewel goeie borrie ’n unieke, onvervangbare
geur het.
Kassia

(word ook Hollandse kaneel genoem)

Soet en geurig met ’n warm sensasie. Kassia is gedroogde aromatiese bas, met ’n geur soortgelyk aan kaneel, maar dis dikker en het ’n growwer tekstuur.
Koljander (dhania) Bind ander geure saam, soet aromaties, warm. Koljandersaad werk goed in geregte soos falafel en Egiptiese dukkah waar dit saam
met sout, peper sesamsaad en haselneute
gerooster en gemaal word. Koljanderblare
is die Oosterse kookkuns se pietersielie en
het ’n peperige, suurlemoensmaak.
Naeltjies (luang)

Naeltjies is gedroogde blomknoppies van ’n tropiese immergroen boom.

Bitsig, effens peperig met ’n kanfergeur. Eens was ’n hand vol naeltjies net soveel werd soos ’n hand vol silwer! Gebruik spaarsamig, dit kan nogal oorheersend wees. Naeltjies komplementeer veral wildsvleis en vark. Hou tot drie jaar.
Groen kardemom (elaichi)

word ook die koningin van speserye genoem. Kardemom is nogal duur en word as ’n feestelike spesery beskou.

Soet, warm, bitsig en aromaties. Geur vla, roomys, koeke, ryspoedings en klein koekies. Voeg ’n paar peule by gemaalde koffie in die dompelkoffiepot voor jy die water byvoeg. Haal die peule uit voor jy die koffie skink.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.