Op die Speseryroete met Robertsons
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Avondale is net buite die Paarl geleë en word omring deur die pragtige Klein-Drakensteinberge. Dit is gepas dat ons reeds hiér meer oor Robertsons se Skoon-etiket doelwit leer, want Avondale is bekend vir sy standhoudende en biodinamiese boerderymetodes. Hul leuse “Terra Est Vita”, “Grond is Lewe”, getuig hiervan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Skoon en meer natuurlik
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hedendaagse verbruikers lees kosetikette aandagtig en soek produkte wat minder verwerk is en nie skadelike bymiddels soos MNG bevat nie. Die skoon-etiketbeweging spits hom daarop toe om groot maatskappye aan te moedig om minder van hierdie bymiddels te gebruik.
Robertsons se doelwit is om terug te keer na ’n meer natuurlike vorm van kosse. Wat dit vir die verbruiker beteken, is dat jy jou gunstelingspeserye met ’n geruste hart kan gebruik wanneer jy kosmaak. Robertsons-speserye bevat byvoorbeeld geen bygevoegde MNG nie, daar is wel glutamiensuur wat natuurlik voorkom. Die speserye en kruie word ook glad nie meer bestraal nie maar gaan nou eerder deur ’n sterilisasiestoomproses.
Geneties aangepaste (GA) produkte dui op plante, diere of ander organismes wat genetiese verandering ondergaan het wat nie natuurlik voorkom nie. Alle kruie en speserye is GA-vry maar nou is selfs die Robertsons-speserymengsels ook GA-vry.
Robertsons neem die reis na meer natuurlike speserye en kruie ernstig op, dit was duidelik uit die keuse om Avondale te gebruik om verbruikers en die media meer daaroor in te lig. Op Avondale word die natuur, en selfs die maan, ingespan om gehaltewyne so natuurlik moontlik te maak. Die maankalender word gebruik om te bepaal wanneer dit die beste tyd vir plant is. Met volmaan is die aarde se gravitasiekrag op sy sterkste en is dit dan ook ’n goeie tyd om te plant. Geen chemiese spuitstowwe word op die wingerde gespuit nie en dit is duidelik uit die lieflike, natuurlike onderbos wat oral tussen die wingerde en velde groei. Hoenders en eende word gebruik om plae op ’n natuurlike wyse te bekamp en beeste om die grond te bemes.
Avondale-wyne bevat geen bygevoegde sulfiete en chemiese bymiddels nie, wat beteken dat jy ook nie sommer ’n hoofpyn van ’n glasie sal kry nie. Skink maar gerus ’n glasie, of twee, terwyl jy ’n geurige aandete met Robertsons se speserye kook!
Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…
Deur Rediscover Dairy Voorbereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Bedien: 4 porsies Porsiegrootte: 300…
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Genoeg vir 6. Bestanddele Jy hoef nie die filo te weef nie, jy kan…
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Hierdie webwerf gebruik koekies.