Jy noem dat die teks vir Twee Grade van Moord fantasties is. Watter aspek van die teks het jou aangetrek?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dis selde dat mens ’n teks kry waarin die twee hoofkarakters nie jonk is nie maar ’n liefdesverhouding het wat spontaan, wild en gelukkig is. Die karakters is ook volrond en opwindend om te speel en die hele emosionele reis wat meeste van die karakters aflê, is fassinerend. Ek het ook gehou van die morele vrae wat die teks vra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Aleksa is ’n baie omvattende karakter. Hoe het jy vir die rol voorberei?
Ek het maande vóór die fliek geskiet is, heelwat gesprekke met Anita le Roux gevoer en gaandeweg ’n karakter in my kop begin skep. Die emosionaliteit rondom genadedood was gelukkig iets wat ek al in diepte saam met Marius (Weyers) ondersoek het terwyl ons aan die toneelstuk, “Vir Ewig en Altyd ” gewerk het. Ons het ook ’n week se repetisies saam met Gerrit Schoonhoven, die regisseur, gehad voor ons begin skiet het. Dit was besonder waardevol in terme van verhoudings ophou met die ander karakters.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Is daar enige ooreenstemmings tussen jou en Aleksa?
Nie wat ek van bewus is nie!
In die fliek het jou karakter ’n uitgesproke boek oor liefde geskryf. Wat is jou siening oor die liefde?
Ek dink ek is die laaste mens op aarde wat enige opinies oor die liefde het. Dit bly vir my ’n raaisel maar ek weet dat dit ’n wonderlike en magiese ding tussen twee mense kan wees.
As deel van die plot onderneem Aleksa om deel van ’n dokumentêre realiteitsreeks te wees. Sal jy as Sandra ooit vir so iets instem?
Tot ’n mate is ’n mens se lewe as aktrise in elk geval deel van ’n dokumentêre realiteitsreeks …
Jou reünie met Marius Weyers is langverwag in die Afrikaanse filmbedryf. Hoe het jy dit ervaar om weer saam met hom op die silwerskerm te verskyn?
Dis sover en altyd die maklikste vraag om te beantwoord: HEERLIK!
Wat, dink jy, maak Twee Grade van Moord ’n uitskieter in die Afrikaanse filmbedryf?
Dis ’n kwaliteitproduk wat ’n moeilike onderwerp op ’n heel oorspronklike en opwindende manier aanpak. Daar is só baie hart in dié fliek en Marius is absoluut wonderlik! Daar is ook die briljante spel van jong spelers. Boonop gaan niemand onaangeraak uit die teater stap nie.
Kan ons verwag om jou in enige toekomstige produksies te sien?
Ek is tot vervelens toe op die verhoog! Ons open binnekort by Innibos Kunstefees met Pa, maak vir my ’n Vlieër, Pa. Daar is ook ’n nuwe eenvrouvertoning op die kaarte en ook nog ’n vollengte film en verskeie produksies volgende jaar …
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.