As mens die bekende sanger Rita Ora se naam hoor, dink jy dikwels aan rooi lippe en ’n modieuse kleurpalet wat haar goue veltoon perfek komplimenteer. ’n Kamerjas is egter die laaste “uitrusting” wat verwag word as iemand soos sy op die rooitapyt verskyn …
Tydens die Europese MTV-musiektoekenningsaand het hierdie sanger egter ’n nuwe definisie aan moeitelose sjiek gegee. Die tonge het geklap toe Rita Ora, wat ook ’n aanbieder van die geleentheid was, met ’n oorgrote badkamerkleed en kophanddoek van die hotel waarin sy oornag het, by die voorskou van die MTV-aand verskyn het. Daar is beweer dat sy op die nippertjie gevra is om aanbieder te wees en het dus nie genoeg tyd gehad om klaar aan te trek nie. Dit het haar egter nie gestuit om soos ’n stylvolle godin die rooitapyt aan te durf nie, kompleet met diamant-juwele en hakskoene.
Of die storie agter haar “onvoltooide voorkoms” egter die waarheid is, sal net syself weet, maar dit het verseker almal se doelwit geraak om so elegant soos Rita Ora in ’n badkamerjas te lyk!
As almal van ons maar net só kan lyk na ons uit ’n stomende stort klim.
https://www.instagram.com/p/BbaL_iwBAhC/?taken-by=ritaora
https://www.instagram.com/p/BbaGDBbBIK8/?taken-by=ritaora