Op die pad: 3 karre waaroor ons nou opgewonde is deur Anet Schoeman. Foto’s: verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die 3-reeks mag BMW se brood-en-botter-model wees met 15 miljoen verkope tot op hede, maar met al die nuwighede in die jongste model kan jy jou verbeel dis pure kaviaar en sjampanje.
Die nuwe G20-generasie van die BMW 3-reeks is die eerste sedert die E30 wat nie meer in Rosslyn, Pretoria, vervaardig word nie omdat die X3 deesdae hier gebou word. Die nuwe model is langer met meer binneruimte, maar is 55 kg skraler.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die baie moderne instrumentebord weerspieël die jongste tegnologie en is besonder gebruikersvriendelik.
Daar is tans twee modelle in die 3-reeks beskikbaar (330i en 320d), maar van September 2019 af sal die reeks na vyf modelle uitgebrei word. Pryse wissel tussen R649 000 en R694 000.
Lees ook: Kry meer uit jou brandstoftenk
3 karre waaroor ons nou opgewonde is: BMW 3-reeks
Bakkies is so sinoniem met Suid-Afrikaners soos braaivleis en sonskyndae. Mitsubishi Motors bou al vier dekades lank bakkies en die Mitsubishi Triton spog met heelwat nuwe verfynings en verbeterings.
Dit maak hierdie werkesel selfs meer betroubaar en gehard vir kommersiële eienaars, maar bied steeds genoeg gerief aan al die avontuurlustiges wat hul Triton inspan om meer pret uit die lewe te kry. Die stilering is meer hardebaard, maar dis die nuwe sesgang- outomatiese ratkas en verbeterde vierwielaandrywing wat jou veldryvermoëns ’n aansienlike hupstoot gaan gee.
Daar is vier modelle in die reeks. Kies uit ’n outomatiese ratkas, handratkas en 4×4 of 4×2. Pryse van R509 995 tot R589 995.
Lees ook: Oppas vir hierdie versekering-slaggat
3 karre waaroor ons nou opgewonde is: Mitsubishi Triton
Jy wil nie sonde met die bure hê nie, maar as die Mitsubishi Eclipse Cross in jou oprit staan, is die kanse goed dat jou bure met lang oë oor die muur gaan loer.
Die unieke Super All-Wheel Control (S-AWC) is deel van die nuweling se benadering tot koepee-soortige veldryers. Dis stylvol, funksioneel en bitter begeerlik. Die splinternuwe Eclipse Cross is beskikbaar as ’n 4×2, asook met ’n voltydse viertrek-funksie.
Albei modelle het ’n sesgang-CVT-ratkas met ’n sportmodus wat aan ’n 2,0-liter MIVEC-petrolenjin gekoppel is.
Hierdie sportnutsvoertuig (SUV) se sterk punte lê in sy besonderse ontwerp en die S-AWC wat vertroue skep met ’n verskeidenheid veiligheidstegnologieë.
Die 4×2 kos sowat R399 995 en die AWD R449 995.
3 karre waaroor ons nou opgewonde is: Mitsubishi Eclipse Cross
Deur Maretha Botes Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir National Geographic geneem.…
Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…
‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…
Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…
Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…
Hierdie webwerf gebruik koekies.