Deur Salomé Delport. Foto: Chris Henry vir Unsplash
Is jy nog wakker genoeg om te bestuur? Moegheid bekruip ’n mens so geleidelik dat jy nie noodwendig bewustelik besef jy is moeg nie.
Hou jouself (of die bestuurder, as jy die passasier is) dop vir hierdie tekens, en stop dadelik vir ’n breek as jy selfs net een opmerk:
- Jou ooglede voel swaar.
- Jy moet jou oë kort-kort knip om duidelik te sien.
- Jy haal vlak en stadig asem.
- Dit raak moeilik om op die pad voor jou te fokus.
- Jy begin staar na die pad voor jou, sonder om die omgewing in te neem.
- Jou gedagtes dwaal in allerlei rigtings, eerder as dat jy op die pad fokus.
- Jy sien nie die padtekens raak nie.
- Jy gaap.
- Jy voel asof jy wil rek.
- Jou bene voel kriewelrig.
- Jou kop voel swaar, asof jy dit met moeite regop hou.
- Jy is nie volkome in beheer van die motor nie. Jy ry per ongeluk oor na die geel baan of in die aankomende baan in.
Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder