Hierdie wraps kan ook as pannekoeke dien, maar dit smaak nogal na eier wat my meer aan Oosterse eierrolletjies laat dink.
4 groot eiers
50 ml room
50 g botter, gesmelt en afgekoel, plus ekstra vir braai
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
50 ml klappermeel
5 ml (1 t) bakpoeier
Oosterse vulsel
Sous
60 ml olyfolie
15 ml suurlemoensap
15 ml sojasous
15 ml fyn gekapte brandrissie
5 ml vars, fyn gerasperde gemmer
5 ml xylitol
Groente
30 ml olyfolie
2 wortels, in dun repies gesny
10 aspersiepunte
5 broccolini, in dun repies gesny
1 komkommer, in repe gesny
300 g gaar roosterhoender, in stukke gevlok
Instructions
1 Klits die eiers tot lig en donsig. 2 Roer die room, gesmelte botter en vanielje by die eiers. 3 Sif die klappermeel en bakpoeier saam in ’n groot mengbak. 4 Voeg die eiermengsel by en meng tot glad. Hou eenkant vir 5 min. 5 Verhit ’n 25 cm-braaipan en smelt ’n klontjie botter op ’n slag daarin. Skep sowat 60 ml (¼ k) van die beslag in die pan en braai tot goudbruin aan elke kant. 6 Herhaal tot die beslag op is. 7 Meng die sousbestanddele en hou eenkant. 8 Verhit die olyfolie in ’n ander pan en roerbraai die groente vinnig daarin tot net gaar. 9 Voeg die hoenderstukkies by en laat deurwarm word. 10 Gooi ’n bietjie van die sous oor en sit die res met die pannekoeke voor. 11 Skep lepels vol van die vulsel op die pannekoeke en vou toe.
Variasie - Plaatkoekies
1 Maak die basiese beslag soos langsaan beskryf, maar voeg 50 ml amandelmeel en 125 ml gladde, volvetroomkaas by die deeg. 2 Meng goed en bak lepels vol in ’n warm pan wat met olie geverf is. 3 Jy kan ook ’n hand vol bloubessies by die beslag gooi.