Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
30 ml (2 e) olie
1 ui, ruweg gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 opgehoopte teelepel (5 ml) vars gerasperde gemmer
2-3 aartappels, geskil en in blokke gesny
1 kg waterblommetjies, skoongemaak (hou ’n paar eenkant vir bo-op)
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
sout en gemaalde peper
gerasperde neutmuskaat volgens smaak
1 x 400 g-blik klappermelk
’n hand vol vars koljander
ekstra waterblommetjies, geblansjeer om bo-op die sop te sit
vars lemmetjieskyfies vir opdiening
Instructions
1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol. Braai die ui vir 4-5 min. daarin tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir nog 1 min. 2 Voeg die aartappels, waterblommetjies en hoenderaftreksel by en sit die deksel op die kastrol. Kook vir 5 min. Verlaag die hitte en prut vir 15 min.-20 min. tot die waterblommetjies sag is. 3 Blansjeer die ekstra waterblommetjies in borrelende kookwater wat met sout gegeur is. Lig met ’n gaatjieslepel uit en hou warm tot benodig. 4 Geur die sop met sout, peper en neutmuskaat en verwerk die sop met ’n stokmenger tot glad. Voeg die klappermelk by en kook weer tot deurwarm. 5 Sit warm voor met die vars koljander en gaar waterblommetjies bo-op. Plaas ’n lemmetjieskyfie by elke sopbakkie sodat die eters dit self oor die sop kan uitdruk.