1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol. Braai die ui vir 4-5 min. daarin tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir nog 1 min.Oosterse waterblommetjiesop
Ingredients
Instructions
2 Voeg die aartappels, waterblommetjies en hoenderaftreksel by en sit die deksel op die kastrol. Kook vir 5 min. Verlaag die hitte en prut vir 15 min.-20 min. tot die waterblommetjies sag is.
3 Blansjeer die ekstra waterblommetjies in borrelende kookwater wat met sout gegeur is. Lig met ’n gaatjieslepel uit en hou warm tot benodig.
4 Geur die sop met sout, peper en neutmuskaat en verwerk die sop met ’n stokmenger tot glad. Voeg die klappermelk by en kook weer tot deurwarm.
5 Sit warm voor met die vars koljander en gaar waterblommetjies bo-op. Plaas ’n lemmetjieskyfie by elke sopbakkie sodat die eters dit self oor die sop kan uitdruk.