Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 5 ml (1 t) gerasperde vars gemmer
- 1 rooi brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
- 30 ml (2 e) sojasous
- 60 ml (4 e) olyfolie
- sap van 3 lemmetjies
- sout en gemaalde swartpeper
- 4 dun skywe waatlemoen, geskil
- groot hand vol roketblare
- groot hand vol koljanderblare
- groot hand vol kruisementblare
- 4 radyse, baie dun gesny
- 30 ml (2 e) grondboontjies
Metode
- Slaaisous: Meng die gemmer, brandrissie, sojasous, olyfolie, lemmetjiesap, sout en swartpeper en hou eenkant.
- Sny die waatlemoenskywe in kwarte en rangskik op ’n bord. Strooi die roket-, koljander- en kruisementblare oor. Strooi die grondboontjies oor.
- Gooi die slaaisous oor net voor die slaai voorgesit word.