Oosterse varkneksosaties
Serves: 4
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 60 ml (4 e) hoisin-sous
- 60 ml (4 e) gemmer, gerasper
- 30 ml (2 e) sojasous
- 15 ml (1 e) soet sojasous
- 6 knoffelhuisies, gekap
- gerasperde skil en sap van 1 lemoen
- 1 kg ontbeende varknek, in blokke gesny
- 4 sprietuie, op ’n skuinste gesny
- 30 ml (2 e) geroosterde sesamsaad
- 125 ml (½ k) vars koljander, fyngekap
Instructions
- Meng die hoisin-sous, gemmer, sojasous, soet sojasous, knoffel en lemoenskil en -sap in ’n glasbak. Sit die varkvleis in die marinade en bedek goed. Laat oornag in die yskas rus.
- Verdeel die varkvleis tussen 4 sosatiestokkies.
- Braai vir 30-35 min. of tot deurgaar oor matige kole. Smeer deurentyd met die sous.
Anelle Tewson
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025