Sitroengras is by die meeste supermarkte in die afdeling vir vars kruie beskikbaar. Tom yum-pasta is in die Oosterse-afdeling van die meeste supermarkte verkrygbaar. Ons het die sop in plastiekglasies voorgesit. Maak die soplepel met ’n plastiekbindstrokie aan elke glasie vas.
2 stukkies sitroengras, verwyder die harde blare aan die buitekant en kap die sagte stingeltjie fyn
60 ml sonneblomolie
1 middelslag- rooi ui, in dun ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
4 sprietuie, gekap
3cm- vars gemmer, fyn gekap
200 g (’n halwe blikkie) klappermelk
5 ml (1t) tom yum-pasta, opgelos in 4k water
sout en peper na smaak
5 koljandersade, gekneus
250 g broccoli-blommetjies, vir sowat 3min. gestoom
1 pakkie (sowat 12) babamielies, in kwarte gesny
1 klein bossie (sowat 12) radyse, in dun skyfies gesny
’n hand vol vars koljanderblare, ruweg gekap
Instructions
Spoel die garnale deeglik onder lopende water af. Verwyder die doppe van die garnale, maar behou die stertjies. Hou die doppe eenkant - dit word later as geurmiddel gebruik. Sny die agterkant van die garnaal oop en verwyder die dermpie. Stoom die steurgarnale in ’n wok of groot kastrol tot ligpienk. Voeg die ui, knoffel, sprietuie en gemmer by en soteer vir 1-2 min.
Voeg die tom yum-water en klappermelk by. Geur met sout, peper en koljandersaadjies. Voeg laastens die garnaaldoppe by. Bedek en laat vir 10-15 min. prut.
Verdeel die broccoli, babamielies, radyse en steurgarnale tussen die dienbakkies. Syg die sop deur ’n sif en gooi die warm sop oor die groente. Voeg die koljanderblare by net voor jy dit voorsit.