6-8 garnale, skoongemaak, doppe afgehaal en fyngekap
30 ml (2 e) sojasous
hand vol vinkeltakkies, fyn gekap
1 brandrissie, fyn gekap
5 cm gemmer, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, geskil en gerasper
uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie
15 ml (1 e) heuning
2 sprietuie, oorlangs gesny
Instructions
Kluitjiedeeg
1 Meng die koekmeel en sout in ’n middelslagmengbak, gooi die kokende water stadig by terwyl jy deurentyd roer. Meng tot die deeg bymekaarkom. Knie die deeg vir 10 min. op ’n skoon werksvlak tot glad en blink.
2 Verdeel die deeg in twee en vorm dit in twee langwerpige silinders. Druk die deeg effens plat met die palm van jou hand.
3 Strooi mielieblom oor die deeg. Rol die deeg tot die tweede kleinste stelling op ’n pastamasjien uit. Druk 10 cm-sirkels met ’n koekiedrukker uit. Strooi mielieblom oor die sirkels en bedek met ’n klam vadoek. Moenie opmekaarstapel nie. Hou eenkant tot benodig.
Garnaalvulsel
1 Meng al die bestanddele en sit vir 15-30 min. in die yskas. 2 Skep ’n teelepel van die vulsel op die helfte van elke deegsirkel, vou toe, en maak klein konsertinavoutjies met jou vingers in die deeg om die twee helftes aan mekaar te heg. Stoom vir 15 min. in ’n stomer. Sit met sojasous voor.