Oosterse slaairolletjies met grondboontjiedoopsous
Oosterse slaairolletjies met grondboontjiedoopsous
Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Grondboontjiedoopsous
• Meng 125 ml (½ k) grondboontjiebotter, 15 ml (1 e) lemmetjiesap, 1 fyn gekapte knoffelhuisie, 1 cm gemmer, geskil en fyn gekap, ½ groen brandrissie, fyn gekap, 60 ml (¼ k) sojasous, 5 ml (1 t) sesamolie en 15 ml (1 e) heuning in ’n bakkie. Voeg water by om die sous te verdun.
Piekel
• 125 ml (½ k) witwynasyn
• 125 ml (½ k) water
• 80 g suiker
• 5 peperkorrels
• knypie sout
• 2 lourierblare
• 2 takkies tiemie
1 Meng die asyn, water, suiker, peperkorrels, sout, lourierblare en tiemie in ’n klein kastrol oor matige hitte.
2 Roer totdat die suiker opgelos is. Kook vir 1 min.
Rolletjies
• 1 klein rooikool, dun gesny
• 2 wortels, dun gerasper
• 1 goue beet, dun gesny
• 1 rooi of strepiesbeet, papierdun gesny
• 1 kiwi, geskil en dun gesny
• ½ pynappel, geskil en dun gesny
• 1 babakomkommer, gerasper
• 100 g gemengde babakruieblare
• 8 ryspapiervelle
Instructions
1 Verdeel die kool, wortels en beetskywe in afsonderlike bakkies. 2 Gooi 60 ml van die warm piekel by elke bakkie en piekel vir 10 min. 3 Vul ’n groot mengbak met warm water. Doop een ryspapiervel op ’n slag vir 20 sek. in die warm water. Lig versigtig uit en laat lê op ’n skoon werksvlak. 4 Pak hopies van al die slaaibestanddele in die middel van elke vel. Vou die sykante in en rol op. 5 Herhaal met die res van die velle. Sit met die doopsous voor.