Oosterse samoesas
Genoeg vir 4-6
Bestanddele
500 g (1 sakkie) ontvriesde maalvleismengsel
sout en peper
20 ml gerasperde vars gemmer
60 ml soetrissiesous
15 ml (1 e) sojasous
1 wortel, gerasper
groenkool, fyn gekap
1 rooi soetrissie, fyn gekap
2 sprietuie oorlangs fyn gesny
hand vol gekapte koljander
30 samoesa-deegstroke
eierwit
olie vir diepbraai
Metode
1 Geur die maalvleismengsel met sout en peper.
2 Meng die vars gemmer, soetrissiesous, sojasous by en geur met sout en peper na smaak.
3 Meng die wortel, groenkool, rooi soetrissie, sprietuie en koljander saam en roer deur die maalvleis.
4 Bedek die samoesa-deegstroke met ’n klam lap.
5 Werk met een strook op ’n slag en skep 15-20 ml (1 e) van die vulsel op die onderste punt van elke strook.
6 Vou in ’n driehoekvorm toe en verf met ’n bietjie eierwit om te seël.
7 Braai in warm olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor met ’n soet brandrissiesous.