Oosterse ribbetjies met koolslaai en soetrissierys
Oosterse ribbetjies met koolslaai en soetrissierys
Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
2 kg varkribbetjies
Marinade
45 ml (3 e) Maizena
30 ml (2 e) ligte bruinsuiker
15 ml (1 e) fyn gerasperde gemmer
10 ml (2 t) Chinese vyf-speserye
60 ml (¼ k) sojasous
60 ml (¼ k) appelkooskonfyt
45 ml (3 e) droë sjerrie
6 sprietuie, oorlangs in dun skyfies gesny.
Krakerige koolslaai
Genoeg vir 8
Slaaisous
125 ml (½ k) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 e) sojasous
60 ml (¼ k) ryswynasyn of witwynasyn
125 ml (½ k) strooisuiker
1 klein groen kool, fyn gesny
1 klein rooi kool, fyn gesny
6 sprietuie, oorlangs gesny
hand vol mangetout, fyn gesny
60 ml (¼ k) sesamsaad, liggies gerooster
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels, liggies gerooster
2 pakkies 2 Minute Noodles
Soetrissierys
Genoeg vir 6
Rys
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
½ ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) basmati-rys
500 ml (2 k) water
klein hand vol sprietuie, oorlangs gesny
15 ml (1 e) sojasous
15 ml (1 e) sesamolie
sap van ½ suurlemoen
hand vol koljanderblare, gekap
15 ml (1 e) soetrissiesous
Instructions
Marinade
Voorverhit die oond tot 220 °C. 1 Meng al die bestanddele vir die marinade en vryf oor die ribbetjies. 2 Marineer die ribbetjies vir 20-30 min. 3 Pak die ribbetjies in ’n enkellaag in ’n diep oondpan. 4 Bak vir 30-35 min. of tot glansend bruin. 5 Strooi die sprietuie oor die ribbetjies en sit voor met koolslaai, rysslaai en wortel-lintslaai.
Krakerige koolslaai
Genoeg vir 8
Slaaisous
1 Slaaisous: Meng al die bestanddele goed tot die suiker opgelos is. 2 Meng die groen en rooi kool, sprietuie, mangetout, sesamsaad en amandels. Breek die noedels oor en meng deur. 3 Gooi die slaaisous net voor ete oor.
Soetrissierys
Genoeg vir 6
Rys
1 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die ui vir 5 min. daarin tot sag. 2 Voeg die knoffel en sout by en braai vir nog 2 min. tot die ui begin verbruin. 3 Meng die rys deur en gooi die water by. Bring tot kookpunt. Meng deur met ’n vurk, bedek en verlaag die temperatuur tot op die laagste stelling. Laat stoom vir 20 min. of tot daar tonneltjies bo in die rys sigbaar is en die rys droog gekook is. 4 Meng die sprietuie, sojasous, sesamolie, suurlemoensap, koljander en soetrissiesous deur. Sit warm voor.