• ½ elk, klein groen en rooi kooltjie, in dun repies gesny
• handjie vol boontjiespruite
• 45 ml (3 e) sesamsaad
• handjie vol koljanderblare
• 4 eiers
• 30 ml botter vir braai
Instructions
1 Meng die bestanddele vir die sous in ’n bakkie. Hou eenkant. 2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok. Braai die spek vir sowat 5 min. daarin tot goudkleurig. 3 Voeg die knoffel, gemmer, en brandrissie by en roerbraai vir 1 min. 4 Voeg die rys by en roerbraai vir nog 2 min. 5 Voeg al die groente by en roerbraai vir 1 min. Voeg die sous by en roerbraai vir nog 2 min. 6 Braai die eiers in die botter in ’n middelslagpan soos jy daarvan hou. 7 Skep die roerbraai in 2 bakkies, strooi die boontjiespruite en sesamsaad oor. 8 Skep ’n eier op die rys in elke bakkie en sit met vars koljanderblare voor.