Oosterse ontbytbakkies
Serves: 2
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Sous
- • 45 ml (3 e) sojasous
- • 45 ml (3 e) soetbrandrissiesous
- • 45 ml (3 e) grondboontjiebotter
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 200 g dik spek, in blokkies gesny
- • 30 ml (1 e) olyfolie
- • 15 ml (1 e) elk knoffel en gemmer, gekap
- • 5 ml (1 t) groen brandrissie, gekap
- • 500 ml (2 k) bruinrys, gekook
- • 1 wortel, in dun repies gesny
- • 3 murgpampoentjies, in dun repies gesny
- • 125 g mange tout, in repies gesny
- • 5 babamielies, in kwarte gesny
- • ½ elk, klein groen en rooi kooltjie, in dun repies gesny
- • handjie vol boontjiespruite
- • 45 ml (3 e) sesamsaad
- • handjie vol koljanderblare
- • 4 eiers
- • 30 ml botter vir braai
Instructions
1 Meng die bestanddele vir die sous in ’n bakkie. Hou eenkant.
2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok. Braai die spek vir sowat 5 min. daarin tot goudkleurig.
3 Voeg die knoffel, gemmer, en brandrissie by en roerbraai vir 1 min.
4 Voeg die rys by en roerbraai vir nog 2 min.
5 Voeg al die groente by en roerbraai vir 1 min. Voeg die sous by en roerbraai vir nog 2 min.
6 Braai die eiers in die botter in ’n middelslagpan soos jy daarvan hou.
7 Skep die roerbraai in 2 bakkies, strooi die boontjiespruite en sesamsaad oor.
8 Skep ’n eier op die rys in elke bakkie en sit met vars koljanderblare voor.
Michelle Nortje
Lees Meer
Vinnige Peppermint Crisp-tert
28/03/2025
Beestong-broodjie
20/03/2025
Kapokaartappels met flair
20/03/2025