4 hoenderborsies, vel verwyder, ontbeen en in repies gesny
2 rooi brandrissies, fyn gekap (opsioneel)
2 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer
50 g kasjoeneute (opsioneel)
1 pak roerbraaigroente
30 ml (2 e) sojasous
15 ml (1 e) oestersous
’n hand vol vars basiliekruid- of koljanderblare
Instructions
Kook die eiernoedels vir 4 min. in borrelende kookwater, dreineer en hou eenkant. Verhit die helfte van die olie in ’n wok of groot pan tot baie warm en soteer die hoenderrepies vir 2-3 min. daarin. Haal uit.
Verhit die res van die olie en voeg die brandrissies, knoffel, gemmer en kasjoeneute by, asook die roerbraaigroente (bietjie vir bietjie) en soteer vir 4-5 min. Skuif die gaar groente eenkant toe en sit die “nuwe” groente in die middel van die pan of wok waar dit die warmste is.
Voeg die noedels by. Voeg laastens die sojasous en oestersous by. Haal van die hitte af en eindig met die basiliekruid- of koljanderblare.