Genoeg vir 4
Die roerbraai is ook heerlik met gebraaide repies hoender of steak.
1 Maak eers die sous: Meng 125 ml (½ k) soetrissiesous, sap van 1 lemmetjie, 15 ml (1 e) gekapte gemmer, 1 gekneusde knoffelhuisie, 15 ml (1 e) sojasous en ½ brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap. Hou eenkant.
2 Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n groot pan of wok oor hoë hitte en soteer sowat 300 g klaar gesnyde roerbraaigroente, 500 ml (2 k) dun gesnyde groenkool en 500 ml (2 k) dun gesnyde perskool. Geur na smaak.
3 Meng 500 ml (2 k) gaar Oosterse noedels en die soetrissiesous deur.
4 Meng ’n hand vol gekapte koljanderblare en 250 ml (1 k) liggies geroosterde grondboontjies deur. Sit voor met vars of gedroogde klapperkrulle.