kategorieë: Kos

Oosterse garnaalsop met wontons

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Verruklik. Die geure van hierdie sop sal jou asem wegslaan! Jy het net 10 garnale nodig en gebruik selfs die doppe om ’n geurige aftreksel te maak. Gebruik oorskiethoender, of koop ’n geroosterde hoender By die supermark.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

10 garnale, skoongemaak
Met doppe
200 g eksotiese sampioene, soos enoki- of shimeji-sam-pioene (of knopiesampioene)
100 g bokwietnoedels, of enige ander oosterse noedels, selfs spaghetti
2 sprietuie, oorlangs gesny
1 klein rooi rissie, pitte ver-wyder en fyn gekap (opsioneel)
30 ml (2 e) vars gemmer, gerasper
80 ml (1⁄3 k) vissous
30 ml (2 e) sojasous
Sap van 3 lemmetjies
200 g gaar, wit hoendervleis,
In stukke getrek
Gemaalde swartpeper
’N hand vol koljanderblare,
Vir opdiening

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 verwyder die garnaaldoppe en hou die vleis eenkant. Verhit 1,5 liter water in ’n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die garnaaldoppe by en kook vir 10 min. 2 gooi die garnaalaftreksel deur ’n sif in ’n ander bak. Gooi die doppe weg en gooi die aftreksel weer in die kastrol. 3 voeg die sam-pioene by en verhit oor hoë hitte tot die aftreksel weer kook. Verlaag die hitte en prut vir 3-4 min. 4 voeg die garnale by en sodra hulle pienk verkleur, voeg die noedels, sprietui, rissie, gemmer, vis- en sojasous, lemmetjiesap en hoender by. Roer goed deur en verhit tot deurwarm. Geur met peper na smaak. Sit met vars koljanderblare en warm wontons voor.

Wontons

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sowat 12

10 ml (2 t) olie
½ ui, fyn gekap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
15 ml (1 e) vars gemmer, ge-rasper
100 g gaar, wit hoendervleis, fyn gekap
15 ml (1 e) sojasous
10 ml (2 t) heuning
’N klein bossie koljander, fyn gekap
1 sprietui, fyn gekap
Sout en gemaalde swartpeper
6 velle wonton- of samoesa-deeg (in supermarkte se vriesafdeling)
1 eier, liggies geklits
Olie vir diepbraai

1 Verhit die olie in ’n pannetjie. Braai die ui daarin tot sag en voeg die knoffel en gemmer by. Braai vir nog 3 min. 2 voeg die vleis, sojasous en heuning by en braai vir 4 min. Tot deurwarm. 3 haal van die hitte af en roer die koljander en sprietui deur en geur met sout en peper. Hou eenkant. 4 plaas die wonton-velle op ’n skoon werkvlak en bedek die velle waarmee nie gewerk word nie met ’n klam lap. Sny elke vel middeldeur in vierkante van omtrent 6 cm x 6 cm. 5 verhit genoeg olie (so 15 cm diep) vir die diepbraai. Toets of die olie reg is deur ’n stukkie brood daarin te braai – die olie is gereed wanneer die broodjie binne 40 sek. Bruin braai. 6 skep 10 ml (2 t) van die vulsel in die middel van elke vierkant en verf die rande liggies met die eier. Vou die vulsel toe met oorstaande punte na mekaar soos ’n koevertjie, verf liggies met eier en diepbraai. Skep met ’n lepel uit en dreineer op kombuispapier. Sit met die warm oosterse sop voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

50 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.