Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
10 garnale, skoongemaak met doppe aan
200 g eksotiese sampioene, soos enoki- of shimeji-sampioene (of knopiesampioene)
100 g bokwietnoedels, of enige ander oosterse noedels, selfs spaghetti
2 sprietuie, oorlangs gesny
1 klein rooi rissie, pitte verwyder en fyn gekap (opsioneel)
30 ml (2 e) vars gemmer, gerasper
80 ml (1⁄3 k) vissous
30 ml (2 e) sojasous
sap van 3 lemmetjies
200 g gaar, wit hoendervleis, in stukke getrek
gemaalde swartpeper
’n hand vol koljanderblare, vir opdiening
Wontons
Sowat 12
10 ml (2 t) olie
½ ui, fyn gekap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
15 ml (1 e) vars gemmer, ge-rasper
100 g gaar, wit hoendervleis, fyn gekap
15 ml (1 e) sojasous
10 ml (2 t) heuning
’n klein bossie koljander, fyn gekap
1 sprietui, fyn gekap
sout en gemaalde swartpeper
6 velle wonton- of samoesa-deeg (in supermarkte se vriesafdeling)
1 eier, liggies geklits
olie vir diepbraai
Instructions
1 Verwyder die garnaaldoppe en hou die vleis eenkant. Verhit 1, 5 liter water in ’n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die garnaaldoppe by en kook vir 10 min. 2 Gooi die garnaalaftreksel deur ’n sif in ’n ander bak. Gooi die doppe weg en gooi die aftreksel weer in die kastrol. 3 Voeg die sam-pioene by en verhit oor hoë hitte tot die aftreksel weer kook. Verlaag die hitte en prut vir 3-4 min. 4 Voeg die garnale by en sodra hulle pienk verkleur, voeg die noedels, sprietui, rissie, gemmer, vis- en sojasous, lemmetjiesap en hoender by. Roer goed deur en verhit tot deurwarm. Geur met peper na smaak. Sit met vars koljanderblare en warm wontons voor.
Wontons
1 Verhit die olie in ’n pannetjie. Braai die ui daarin tot sag en voeg die knoffel en gemmer by. Braai vir nog 3 min. 2 Voeg die vleis, sojasous en heuning by en braai vir 4 min. Tot deurwarm. 3 Haal van die hitte af en roer die koljander en sprietui deur en geur met sout en peper. Hou eenkant. 4 Plaas die wonton-velle op ’n skoon werkvlak en bedek die velle waarmee nie gewerk word nie met ’n klam lap. Sny elke vel middeldeur in vierkante van omtrent 6 cm x 6 cm. 5 Verhit genoeg olie (so 15 cm diep) vir die diepbraai. Toets of die olie reg is deur ’n stukkie brood daarin te braai – die olie is gereed wanneer die broodjie binne 40 sek. Bruin braai. 6 Skep 10 ml (2 t) van die vulsel in die middel van elke vierkant en verf die rande liggies met die eier. Vou die vulsel toe met oorstaande punte na mekaar soos ’n koevertjie, verf liggies met eier en diepbraai. Skep met ’n lepel uit en dreineer op kombuispapier. Sit met die warm Oosterse sop voor.