Dit is Simoné se annus horribilis. Op 44 stap sy die tweede keer uit ’n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om te wys van die tyd wat verby is, is ’n bedenklike verlede, ’n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid. Al waarheen sy kan gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan ’n loopbaan, ’n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting.
Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ondanks alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Uitgewersprys R240
rooi rose R216
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.