kategorieë: Jou lewe

Oorkom jou vliegvrees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die laaste menslike vryheid is om ’n mens se benadering in enige gegewe stel omstandighede te kies, om ’n mens se eie uitweg te kies”

Shani Grové se “bobbel-tegniek” is ’n uitnemende ontspanningsmetode. Hierdie gedeelte van die “bobbel-tegniek” – ’n uittreksel uit haar boek Die dans van die brein – is ’n algemene ontspanningstegniek wat jy in alleomstandighede en op enige plek kan gebruik om rustiger te voel. Grové stel voor dat jy rustige barokmusiek in die agtergrond laat speel terwyl jy dié ontspanningsoefening aanleer. Sy verduidelik dit só:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Sit op ’n gemaklike stoel

Plaas jou hande op die armleunings weerskante van jou, of op jou bobene. Sit jou voete langs mekaar. Beweeg ’n bietjie rond in die stoel totdat jy voel dat jy gemaklik en gebalanseerd sit met ewe veel gewig aan albei kante van die liggaam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Voel die balans van jou kop en skouers af ondertoe; jou arms, rug, sitvlak, bene, voete

Voel die gewig van jou beendere en spiere. Voel hoe jy in die stoel insink.

3. Raak bewus van jou asemhaling wat gewoonlik deur jou onbewuste georkestreer word

Haal diep asem en voel hoe jou longe van onder af boontoe gevul word. (Dit help as jy jou verbeel jy het ’n ballon in jou maag wat gevul word wanneer jy inasem en pap word wanneer jy uitasem.)

4. Asem stadig en saggies in en uit

Moenie jou asemhaling forseer nie. Haal drie of meer maal diep asem terwyl jy ontspan.

5. Voel hoe jy die musiek of die skoon lug inasem en wanneer jy uitasem

Stuur die dinge uit wat jou ontstel asof dit ‘n donker vloeistof is wat met pypies by jou vingerpunte uitvloei.

6. Visualiseer hoe die donker vloeistof uitloop en in die vloer insink

Jy sal dit beter kan voel wanneer jy jou oë effens lig onder jou toe ooglede wanneer jy uitasem en jou oë ondertoe laat kyk onder jou toe ooglede wanneer jy uitasem.

7. Jy sal dan voel dat jou vingers warm word wanneer jy al hierdie gevoelens van pyn en magteloosheid uitasem

Voel sommer dat alles wat jou beswaar en nie goed is vir jou nie deur jou vingerpunte uitloop. Deur jou angs met asemhalingstegnieke onder beheer te kry, is jou stryd alhalfpad gewonne.

Met die gids hieronder as res van die borswering behoort jy binnekort na jou volgende vlug uit te sien pleks van daarvan weg te vlug

• Luister aandagtig wanneer die bemanning die veiligheidsmaatreëls voorhou.

• Sorg dat jy presies weet waar die naaste twéé nooduitgange aan jou sitplek is en tel die rye tot by elkeen ingeval rook veroorsaak dat jy dit nie in ’n noodsituasie kan sien nie.

• Volgens statistieke is die agterste deel van ’n vliegtuig die veiligste in geval van ’n ongeluk. Maar wanneer die vliegtuig deur turbulensie turbulensie (lugstrome) vlieg, ruk-en-pluk dit agter die meeste omdat die stertkant die verste van die vliegtuig se swaartepunt af is.

• Wanneer ’n brand ontstaan, moet jy so laag moontlik na die uitgang toe beweeg. Kruip op die vloer! En as die mense in die gang opdam, klouter oor die sitplekke se leunings na die uitgang toe!

• Hou altyd ’n sakdoek, serp of kopdoek byderhand sodat jy dit in geval van rook oor jou neus en mond kan sit.

• Moenie drankies met alkohol in drink nie. Dit vertraag nie net jou reflekse nie, maar kan jou emosies opjaag.

• Hou heeltyd jou veiligheidsgordel aan. Hoewel vlieëniers probeer om so ver moontlik óm donderstorms te vlieg, tref die vliegtuig soms onvoorsiens ooplug-turbulensie wat jou letterlik uit jou sitplek kan ruk as jy nie vasgegordel is nie.

As dié gids nie by jou vertroue inboesem nie, kan jy troos kry in die woorde van ’n gesoute vlieënier wat vir my gesê het dat passasiers moet onthou dat die vlieënier ook heelhuids by die huis wil kom.

Of jy kan soos ’n gesiene Suid-Afrikaanse sakeman sy psigiater saamneem elke keer wanneer hy (en sy vliegvrees) moet vlieg. Hy sorg dat hulle langs mekaar sit sodat hy gedurende die vlug berading of in uiterste omstandighede ’n inspuiting kan kry. Of jy kan, soos ek, jou vliegvrees besweer deur self te leer vlieg …

Of jy kan soos my vriendin en kollega en vliegbevreesde Cindé Mostert die volgende voorvlug-toets uitvoer: “Ek doen dit al jare – die vlieënierstoets. Lank voor die vlug aangekondig word, sit ek reeds paraat op die plastiekstoeltjies voor die hek na die ystervoël se maag. En ek wag. Vir die loods. Hy moet lenig en gesond lyk, effens grys langs die slape, blink oë en ’n ligte blos op die wange. Daar moet baie strepies op sy mou wees – ek weet glad nie wat dit beteken nie, maar meer is beter. En dinklyne op sy voorkop. Horisontale dinklyne. Nie ’n vertikale bekommerlyn tussen die oë nie. As ta die toets slaag, klim ek op. So nie, draai ek om en gaan ek huis toe.”

Lees ook: Is vrees jou vriend of vyand?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.