kategorieë: FiksheidGesondheid

Oorkom die winter blues

Die laaste ding wat jy wil hoor om te begin beter voel, is om jouself reg te ruk en te waag om ’n bietjie buite te gaan in die ysige winterkoue weer! Ten spyte daarvan dat elke vesel in jou liggaam die teenoorgestelde uitskree, en jy laag na laag aantrek soos die afskuwelike Sneeuman, jy wel braaf genoeg is om nog steeds ’n vinnige stappie buite aan te pak. Dit is die perfekte manier om die negatiewe ingesteldheid van winter af te skud, met die gevolg dat jy dadelik beter gaan voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oefening is goed vir die blues!

Eerstens moet jy onthou dat oefening jou gemoedstoestand positief beïnvloed, te danke aan die voel-goed-endorfiene wat vrygestel word saam met al daardie vars lug, sal jou vinnig laat regruk en jou in staat stel om uitputting en enige muisneste dadelik te beveg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien die weersomstandighede daar buite nie geskik is nie – ons praat van uiterste sneeustorm-gevalle – skakel maar gerus die TV aan en sit ’n lekker oefen-DVD op. Daar is ’n groot verskeidenheid beskikbaar, na elke persoon se smaak: dans, “Kickboxing”, Tae Bo tot joga en Pilatus. Betrek jou familie en vriende om lekker te lag terwyl julle ’n daaglikse oefenprogram saam geniet, wat al daardie winter wanhoop-gevoelens vinnig sal afskud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lag ’n slag

Om lekker te lag, kan jou immuunstelsel ’n groot hupstoot gee – omrede jou immuunstelsel baie beter funksioneer as jy ’n gelukkig gemoedstoestand het – so ook alkaniseer jou liggaam gedurende hierdie laaste paar wintermaande. Onthou dat virusse en bakterieë floreer waar daar baie suur in jou liggaam voorkom. Beperk dus jou inname van suur kosse soos verfynde koring en suiker en bly eerder by gesonde vrugte en vars groente en vitamien-verpakte sop en bredies. Behou jou energievlakke en gesonde immuunstelsel hoog deur lae vet proteïen (hoender sonder vel en vis), asook goeie vette (vis, neute, sade en avo’s) in te neem, wat jou liggaam sal beskerm teen virale infeksies. Maak dit deel van jou eetplan, tesame met vitamien C gelaaide lemoene, kiwivrugte, en koejawels. Bly goed gehidreer deur baie water en warm kruietee te drink. Probeer ’n glasie louwarm water met ’n bietjie kruisement, heuning, lemoen of suurlemoen skyfies, of selfs gerasperde gemmer.

Voel jy olik?

Indien jy siekerig sou begin voel, is dit die enigste rede dat jy jou oefenprogram moet stop – gedurende die wintermaande asook enige tyd van die jaar. Gee jouself die geleentheid om die infeksie te beveg deur goed uit te rus, en ’n goeie dosis homeopatiese medisyne te neem, wat jou liggaam, asook jou hele familie s’n, sal help om verkoue en griepsimptome (seer lyf, pyn, kouekoors en koors) van die begin af te beveg.

Indien die simptome egter voortduur of vererger, raadpleeg jou dokter onmiddellik. Sodra jy weer gesond is, moet jy dadelik in die buitelug gaan stap!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

38 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.