Deur Ina Genade. Foto Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hulle – daardie anonieme wysneuse – sê mos: Wees versigtig waarvoor jy wens.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Want, dit kán waar word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek wens al ’n dosyn jare heimlik en hardop dat ek weer die kans sal kry om oor die waters te gaan rondloop.
As ek net één keer weer die voorreg kan hê om my aan die anderkant van die wêreld te bevind en vreemdbekende eeue-oue kulture en tale in te drink, sal ek weer genoeg woema hê om die afgestompte roetines en alledaagse dinge hier aan die Suidpunt van Afrika te trotseer. Sê ek vir myself. Al vir twaalf jaar. Die avontuurlustiges noem dit wanderlust. Myne is ’n meer bedeesde wil-doer-gaan-koeloer-en-beleef.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }So gebeur dit toe. Nog bomskok weens die blitsige afskop van die skooljaar, kry ek, murmurerende vloermopper, huiswerkheks, kinderkarweier en vryskut-vertaler, onverwags die uitnodiging der uitnodigings om vir ’n anderhalf week los te breek uit die gewone en vir sy werksdoeleindes saam met my man die noorde van Italië te besoek.
Toe hy die tweede skoolaand van die jaar van die werk af instap en voor die aansteekbord neffens die kombuisdeur vassteek en vra: “So, wanneer is daardie toetsreeks?” wou ek hom inderwaarheid met ’n rol oortrekplastiek oor die kop klits. Wíé met gesonde verstand vra nou sulke vrae as die kleeflintknippende moeder aan’t huis duidelik nog nie eens die kinders se klas- en buitemuurse rooster behoorlik deurgelees het nie, wat nog van die kwartaalprogram bekyk het…?
Snedig merk ek op: “Hoekom, wil jy weer oorsee gaan?” ’n Vorige toetsreeks waar ons tydens ’n blitzkrieg-besoek van Pa (eerste oorsese besoek in elf jaar), droëbek tuis moes sit, het dié bitsigheid tot gevolg gehad.
“Uhm, ja, maar… jy mag saamkom, sê (die grootbaas),” mompel die vader aan’t huis met ’n skalkse glimlag. Daar is altyd so ’n skalkse glimlag as moeder haar speelgoed so instinktief rondslinger oor die vloer(-moer). “Dis Italië…” merk hy terloops op.
In ware Jerry Maguire-styl wil ek uitgil: “You had me at saamkom…!” Maar, ek ken mos ook van pose hou.
Ek bekyk die kwartaalprogram vir die eerste keer regtig. En, seker ook al minstens ’n halwe week te laat, maar let skouerkloppend op dat ek darem nog nie iets belangriks gemis het nie.
“Nee. Dit sal nie werk nie. Wie op aarde gaan na die kinders kyk en hulle betyds by die skool kry en hulle betyds laat opsom vir die toetsreeks…? Nee, dit sal nie werk nie,” sê ek beslis terwyl my kop wil-wil op-en-af soos daardie knikkerkophondjies op die koel karre van ons jeug se dêshbôrds.
In mý knikkerkop het daar reeds ’n opera met Pavarotti en ’n duet met Ed Sheeran en Andrea Bocelli losgebars… Italië…! ITALIË!
Ek het nog net een keer in my lewe die voorreg gehad om Italië te besoek. Dit was met ons wittebrood 17 jaar gelede en dit was deel van ’n volg-die-oranje-sambreel-troptoer. Buitendien het ’n bruid mos meer oë vir die bruidegom as vir ’n eeue-oue Dawid-beeld – al is dit die naakte ware Jakob in die middel van Florence…
So, ja-ja-jaaa! gil my hart terwyl my moederlike instinkte steeks is om misplaas te word.
“Daar sal baie-baie-báie reëlings wees met die kinders – sou mens enigsins kon…?” waag ek.
Nou ja, met die details van die reëlings tot hier, gaan ek niemand verveel nie.
Na ’n besoek aan ’n gladgeöliede visummaatskappy in die Kaap vandag, begin ek régtig opgewonde raak oor die beoogde Taljaanse trippie oor drie weke.
Of die vars graad 4’tjie selfstandig gereed sal wees vir haar eerste toetsreeks kort na ek en haar pa weer voet op eie bodem sit, weet ek nie. Oor of alle mondelinge en onverwagse werksopdragte vir graad 6 volledig en vroegtydig voltooi sal wees, kan ek net staatmaak op die elfjarige se verantwoordelikheidsin.
Hoe die huis daaruit gaan sien na 11 dae sonder Mamma B.A. (Manvang) met Stofsuig en FloorWizz as hoofvakke, weet ek ook nie.
Maar, dat die kinders ’n absolute fees gaan hê saam met die grootouers wat so dierbaar is om te kom fort hou, is ongetwyfeld.
Daar is wel iets in my agterkop wat my herinner dat, hoeveel ek ook al meer as ’n dekade na hierdie onverwagse bonus van ’n oorsese kuier uitgesien het, ek ook moet weet dat die lewe onvoorspelbaar is.
En, dat hierdie pasella nie noodwendig die “veranderde, verligte ek” teweeg sal bring waarvoor ek soms vanuit my groef gewens het nie.
Die priester, professor, skrywer en teoloog Henri Jozef Machiel Nouwen skryf in sy boek, Life of the Beloved: Spiritual Living in a Secular World, die volgende:
“Aren’t you, like me, hoping that some person, thing, or event will come along to give you that final feeling of inner well-being you desire? Don’t you often hope: ‘May this book, idea, course, trip, job, country or relationship fulfill my deepest desire.’ But as long as you are waiting for that mysterious moment you will go on running helter-skelter, always anxious and restless, always lustful and angry, never fully satisfied. You know that this is the compulsiveness that keeps us going and busy, but at the same time makes us wonder whether we are getting anywhere in the long run. This is the way to spiritual exhaustion and burn-out. This is the way to spiritual death.”
Ek lees Henri J. M. Nouwen se woorde en ek besef dat ek – dalk van julle ook? – so geneig is om te bargain op dít wat ons weer lewendig sal laat voel, op dít wat “die moeite werd” is om na uit te sien, dat ek soveel klein dingetjies en vreugde langs die pad in daardie skarrelsoektog – soms sugtende soeke – miskyk.
Ek weet nie of ek met my 17-op-’n-skaal-van-10 vliegfobie weer ’n lang vlug sonder skandes gaan oorleef nie. Op die onverwags-paranoïese ouderdom van 40 is die gedagte aan ronddrentel in ’n land waar ek nie darem die basiese taalkennis het nie, vir my vreesaanjaend. Amper soos my eerste Duits-mondelingeksamen op universiteit waar ek freneties oorgeslaan het na Frans. Sonder enige bonuspunte. Ek het myself behoorlik in moedertaalwoorde geroskam daarna. Dié woordpyle is natuurlik in ’n koker vir die komende kuier daar oorkant. Mens weet nooit.
Ek weet ook nie of my opstrôppelis elfjarige wat tans na die komende oorsese besoek as “daai on-reg-ver-di-ge storie” verwys, weer dadelik gehoorsaam en goed en gaaf gaan wees as sy vlugvoos ouers oor die drumpel strompel nie. (Eintlik weet ek; dog is de-Nile ’n rivier waaroor ek anderdag weer sou wou vlieg…)
Maar, ek hoop dat ek dan, na ’n oor-die-water-avontuur, terug in die droë Kaap, ten minste weer opreg sal kan dankie sê vir dit wat ek het. Grazie.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.