Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1 heel hoender van sowat 1,2 -1,3 kg, oopgevlek
1 x 125 g-botteltjie swart olyftapenade
sout en gemaalde swartpeper
Salsa verde
125 ml (½ k) vars koljanderblare
125 ml (½ k) vars Italiaanse pietersielie
125 ml (½ k) vars kruisementblare
30 ml (2 e) kappertjiesaad
1 ansjovisfilet
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml (1 e) suurlemoensap
60 ml (¼ k) olyfolie
½ rooi ui, gekap
gemaalde swartpeper
1 Lig die vel liggies op en druk die tapenade oral onder die vel in. Sprinkel olyfolie, sout en gemaalde swartpeper oor albei kante van die hoender.
2 Maak vuur in ’n ketelbraaier. Krap die gloeiende kole eenkant toe. Sit die hoender met die oopgesnyde kant op die rooster aan die kant sonder kole. Sit die deksel op en rooster vir 25 min.
3 Maak solank die salsa verde: Meng die koljanderblare, pietersielie, kruisementblare, kappertjiesaad, ansjovisfilet en knoffel in ’n voedselverwerker. Voeg die suurlemoensap en olyfolie by en meng goed deur. Meng die rooi ui by en geur na smaak.
4 Draai die hoender om en braai vir nog 15 min. of tot gaar. Sit voor met salsa verde.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.