1 Lig die vel liggies op en druk die tapenade oral onder die vel in. Sprinkel olyfolie, sout en gemaalde swartpeper oor albei kante van die hoender.Oopgevlekte hoender met salsa verde
Ingredients
Instructions
2 Maak vuur in ’n ketelbraaier. Krap die gloeiende kole eenkant toe. Sit die hoender met die oopgesnyde kant op die rooster aan die kant sonder kole. Sit die deksel op en rooster vir 25 min.
3 Maak solank die salsa verde: Meng die koljanderblare, pietersielie, kruisementblare, kappertjiesaad, ansjovisfilet en knoffel in ’n voedselverwerker. Voeg die suurlemoensap en olyfolie by en meng goed deur. Meng die rooi ui by en geur na smaak.
4 Draai die hoender om en braai vir nog 15 min. of tot gaar. Sit voor met salsa verde.