Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Kors
500 g meel
240 g botter
200 g roomkaas
90 ml koue water
Amandellaag
50 g botter
50 g strooisuiker
50 g gemaalde amandels
10 g meel
1 eier
7,5 ml brandewyn
Vulsel
4-5 appels, in kwarte gesny en klokhuise verwyder
75 g botter
75 g sagte bruinsuiker
60 ml amandelsplinters
Eierglasuursel
klop een eier met ’n knypie sout
Instructions
Deeg 1 Meng die meel en botter liggies in ’n voedselverwerker. 2 Klop die roomkaas by, voeg die water by en klop op die polsstelling tot net gemeng. 3 Vorm in ’n plat skyf en draai in kleefplastiek toe. Sit vir ’n uur in die yskas.
Amandelvulsel 1 Klits al die bestanddele tot glad en goed gemeng.
Appelvulsel 1 Smelt die botter en suiker oor lae hitte, voeg die appels by en karamelliseer tot goudbruin maar nie pap nie. 2 Voorverhit die oond tot 180 °C. 3 Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide bakplaat in ’n sirkel uit. 4 Smeer die amandelvulsel op die deeg maar hou ’n rand van 10 cm oop. 5 Skep die appels bo-op en vou die ongesmeerde deel van die deeg liggies om die appels toe. 6 Smeer met eierglasuursel, strooi die amandels oor en bak vir 30-35 min. tot goudbruin en gaar.