Oop karamelappeltert
Ingredients
- Kors
- 500 g meel
- 240 g botter
- 200 g roomkaas
- 90 ml koue water
- Amandellaag
- 50 g botter
- 50 g strooisuiker
- 50 g gemaalde amandels
- 10 g meel
- 1 eier
- 7,5 ml brandewyn
- Vulsel
- 4-5 appels, in kwarte gesny en klokhuise verwyder
- 75 g botter
- 75 g sagte bruinsuiker
- 60 ml amandelsplinters
- Eierglasuursel
- klop een eier met ’n knypie sout
Instructions
Deeg
1 Meng die meel en botter liggies in ’n voedselverwerker.
2 Klop die roomkaas by, voeg die water by en klop op die polsstelling tot net gemeng.
3 Vorm in ’n plat skyf en draai in kleefplastiek toe. Sit vir ’n uur in die yskas.
Amandelvulsel
1 Klits al die bestanddele tot glad en goed gemeng.
Appelvulsel
1 Smelt die botter en suiker oor lae hitte, voeg die appels by en karamelliseer tot goudbruin maar nie pap nie.
2 Voorverhit die oond tot 180 °C.
3 Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide bakplaat in ’n sirkel uit.
4 Smeer die amandelvulsel op die deeg maar hou ’n rand van 10 cm oop.
5 Skep die appels bo-op en vou die ongesmeerde deel van die deeg liggies om die appels toe.
6 Smeer met eierglasuursel, strooi die amandels oor en bak vir 30-35 min. tot goudbruin en gaar.