Resep en foto verskaf deur Flora.
Oondgebakte vis
Serves: 4-6
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Vis
- 1 kg vars vis
- 100 ml Flora Gold
- 1 1/2 k vars broodkrummels van kaasrolletjies
- 1 t fyngekapte knoffel
- 1 t elk van fyngekapte grasuie, pietersielie, tiemie en basiliekruid
- Sout en peper na smaak
- 1 pakkie roket
- Suurlemoen-en-kruiesous
- 125 ml Flora Gold
- Sap en skil van een suurlemoen
- 1 t elk van fyngekapte grasuie, pietersielie, tiemie en basiliekruid
Instructions
- Voorverhit oond tot 180°C.
- Voeg sout en peper na smaak by vis en braai in ’n pan vir 1 minuut aan elke kant.
- Plaas vis in ’n oondpan.
- Smelt Flora Gold in ’n bakkie.
- Meng broodkrummels, knoffel, kruie, sout en peper en meng goed.
- Versprei krummels eweredig oor die vis.
- Bak vir 10 tot 12 minute en bedien op die roket.
- Vir die suurlemoen-en-kruiesous, smelt die Flora Gold en meng die suurlemoensap, suurlemoenskil en gekapte kruie in.
- Sit die sous saam met die vis voor.
Catherine Schenck