Wat is vir ’n kunstenaar die verskil tussen ’n entoesiastiese bewonderaar en ’n teisteraar? Die sanger/tromspeler Ghapi het in sy loopbaan al ’n paar keer met aanhangers te doen gehad wat ’n bietjie té meegevoer geraak het. Hy verduidelik wat is die verskil:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Entoesiastiese bewonderaar
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Is passievol oor jou oorspronklike musiek.
• Het al jou CD’s en DVD’s.
• Ken die name en woorde van jou oorspronklike liedjies.
• Woon gereeld jou vertonings by en kla nie om vir die kaartjie te betaal nie.
• Respekteer jou as mens en jou privaatheid.
• Respekteer jou tyd en gun ander ook ’n kans om te gesels.
Teisteraar
• Stel nie regtig in jou kuns belang nie, maar gebruik dit as ’n wapen om by jou uit te kom.
• Probeer altyd verniet by ’n vertoning inkom deur hulle as deel van die bestuurspan of familie voor te doen.
• Gryp elke geleentheid aan om jou te annekseer en is soos ’n seekat oor jou.
• Wil by elke geleentheid duisend foto’s van jou neem.
• Stuur onvanpaste briewe met foto’s, e-posse met halfnaakfoto’s en facebook-boodskappe met seksuele voorstelle.
• Probeer by almal vasstel waar jy bly, waar jy gim, waar jy eet en waar jou familie woon.
• Stel vas in watter gastehuis jy ná ’n optrede bly en wag jou in jou kamer in.
• Gun ander mense nie die tyd om met jou te gesels of foto’s te neem nie, en word jaloers en moeilik as jy nie aandag aan hulle gee nie.
• Maak of hulle deel van jou bestuurspan is en “tref reëlings” met die organiseerders van die geleentheid.
• Raak omgekrap as hulle nie na private geleenthede toe genooi word nie.
• Probeer vriende maak met jou band, familie of vriende sodat hulle na jou huis genooi kan word.
• Aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.