Onwaarskynlike vriende – Storie en hooffoto deur Zoë Salzwedel
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
In die April 2020-uitgawe van rooi rose vertel ons jou meer oor die ontstaan van die Hoedspruit Endangered Species Centre (HESC), die bewaringspionier Lente Roode en haar baanbrekerswerk met jagluiperdbewaring en -navorsing. Maar vandag wil ons julle graag bekendstel aan dié groep onwaarskynlike vriende wat elkeen ook by HESC ’n veilige vesting gevind het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Van links: Mielie die skaap, Esme die renosterwesie en David die Anatoliese herdershond is beste maats.
Foto: Zoë Salzwedel
Op 10 Oktober 2017 is Esme die renosterkalfie na die Hoedspruit Endangered Species Centre (HESC) geneem vir rehabilitasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }’n Nabygeleë wildplaas het HESC gekontak nadat hulle agtergekom het dat Esme, ten spyte van die feit dat sy aan haar ma drink, geen gewig optel nie, maar eerder gewig verloor – haar ma se melk het te min voedingstowwe verskaf, en sonder menslike ingryping sou Esme nie veel langer oorleef het nie. Op daardie stadium was Esme omtrent ’n maand oud, maar sy het ’n skrale 50kg geweeg. Normaalweg weeg ’n renosterkalf by geboorte tussen 25 en 45 kg.
Esme se eerste aand by HESC – sy het op die stadium skaars 50kg geweeg.
Foto: Facebook
Vandag, byna drie jaar later, is Esme gesond en gelukkig, en geniet sy graag modderbaddens en laatmiddag stapsessies.
Foto’s: Zoë Salzwedel
Esme en Jarinus de Wet, die hoofgids by HESC.
Maar wat dié storie so spesiaal maak, is haar unieke vriendskappe…
Onwaarskynlike vriende: Esme, David en Mielie!
Foto: Instagram
Kort na haar aankoms by HESC, het Lente en Linri Jansen van Rensburg, HESC se hoofkurator, besluit om vir Esme ’n maatjie te kry. David, ’n Anatoliese herdershond, was nie veel ouer as Esme nie, maar sou dien as geselskap en beskerming.
Meer oor die ras: Die Anatoliese herdershond is ’n ras wat al duisende jare deur Turkse veewagters word as die eerste verdedigingslinie teen roofdiere.
Onwaarskynlike vriende: David en Esme!
Foto: Facebook
Binne enkele dae was die twee onafskeidbaar, en vandag is hulle steeds soos die spreekwoordelike Dawid en Jonathan.
Esme en David saam met Esme se hoofversorger, Linri Jansen van Rensburg. Linksagter hou Mielie ’n wakende oog.
Foto: Zoë Salzwedel
Kyk net hoe lekker speel hulle saam in die modder:
Hulle was ook onlangs te sien in ’n CNN dokumentêr oor diereverhoudinge:
Mielie is ’n wit en bruin Pedi-skaap, en Esme se ander beste maatjie – waar die een is, is die ander gewoonlik nie ver agter nie. Dié twee is in Julie 2018 aan mekaar voorgestel.
Pedi-skape wat met die hand grootgemaak word, pas maklik by ander dierespesies aan. Dus maak dit van hulle die perfekte metgeselle vir wees- of angstige diere soos renosters en olifante.
Dié twee is altyd saam – hulle slaap selfs saans langs mekaar en as jy hulle bymekaar sien, sal jy nooit dink hulle is nie bloedfamilie nie.
Hier geniet hulle ’n laatmiddag-stapsessie saam met Lente Roode, die stigter van HESC:
Esme en Mielie: waar die een is, is die ander!
Foto’s: Zoë Salzwedel
Besoek gerus die webwerf om ’n donasie te maak – die sentrum is ten volle afhanklik van besoekers en donasies, en word uiteraard ook baie sleg geraak deur die Covid-19 inperking.
Volg gerus die avonture van Esme, Mielie en David op Facebook, Instagram, Twitter en YouTube, of besoek die Hoedspruit Endangered Species Centre (HESC) se webwerf.
Gaan loer ook na Ilse Salzwedel se artikel oor die legendariese koningin van bewaring, Lente Roode, op bladsy 38 in die April 2020-uitgawe van rooi rose.
’n Spesiale oomblik tussen Lente en Esme.
Foto: Zoë Salzwedel
Luister dan na ons GRATIS reeks gesprekke met kenners oor ons troeteldiere en hoe om beter vir hulle te sorg.
Klik op die pienk speelknoppie om te luister, of klik hier
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.