Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }’n Laaggesnyde rug is ’n klassieke voorkoms; dis sinoniem met elegant. Maar nie almal verkies ’n lae ooprug-nommertjie wat jou laat bibber elke keer as die aandwindjie verbyskuur nie. Goeie alternatiewe is ’n toerygrug of die bruid-styl wat met ’n string knopies toemaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Pasop vir onderklere wat dalk by jou lae rug kan uitsteek, veral as jy ’n verslankingskous (spandex) wil aantrek. Meet tot waar jou rok oop is sodat jy kan toets wanneer jy onderklere koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Almal van ons het as tienjariges oor daardie prinsesrokke van Disney-flieks gedroom, soos Belle s’n van Beauty and the Beast, of Aspoestertjie s’n. Maar om in ’n gepofte balrok te dans is makliker gesê as gedaan: Die baie lae net en materiaal maak dit moeilik vir jou en jou dansmaat om te beweeg en daar is ‘n kans dat iemand jou rok kan vastrap. Maak seker jou rok se soom eindig ’n paar sentimenter bo die vloer sodat dit gemaklik oor jou tone beweeg. Oefen ook vooraf met jou maat sodat julle ’n paar truuks rondom jou rok kan uitdink en julle soos bobaasdansers kan geniet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Dramatiese sleep is moeilik om te weerstaan, maar dit is nie so prakties nie. ’n Té lang sleep kan dalk mooi lyk, maar as jy in jou spore teruggeruk word elke keer wanneer iemand daarop trap, gaan jy jou besluit begin berou. Kies ’n praktiese lengte wat by jou styl en lengte pas. Die standaard-oplossing is om ’n vingerhakie aan die onderkant van jou sleep vas te werk sodat jy dit om jou vinger kan haak wanneer jy dans.
#rrwenk: Hoe gemaak as die vingerhakie breek? Gooi die sleep oor die arm wat jy om jou dansmaat se rug hou. Stel ook jou maat vroegtydig in kennis dat hy slegs die ander arm moet gebruik as hy jou wil draai.
Hierdie styl is baie gewild, veral op die bostuk van die rok. Krale kan in slim patrone gebruik word om ’n verslankende voorkoms te skep, die illusie van groter borste te skep en dit kan jou selfs langer laat lyk. As jy nie van baie detail hou nie, kan voue en slim materiaal-tegnieke net so goed werk. As jy wel kralewerk op jou rok het, maak seker dat jy ekstra krale of blinkers byderhand het indien jy op kort kennisgewing ’n paar moet vaswerk.
Om die perfekte halslyn te kies sal jy eers jou liggaamsbou moet identifiseer: Het jy breë skouers? Is hulle reghoekig of eerder rond na onder? Het jy groot borste en ’n klein middel of omgekeer?
Die gewildste en veiligste halslyn is die V-nek: Dit verslank jou skouers, sit vleiend om die borste en skep die voorkoms van ’n vernoude middellyn. Die beste is om natuurlik jou ontwerper of die winkelkonsultant vir raad te vra.
Dit is belangrik om die praktiese en visuele elemente teenoor mekaar op te weeg. Nie almal van ons is gebou vir alle halslyne nie en daarom moet jy vooraf bepaal wat vir jou die belangrikste is: ’n Halslyn wat foto-perfek sit, maar wat jy kort-kort moet optrek, of is dit vir jou belangriker om die aand saam met vriende ten volle te geniet.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.