Ontspan en herlaai by ’n luukse, tropiese vakansieoord. Inligting en foto’s verskaf.
’n Oorvloed natuurskoon en ’n rustige, vreedsame omgewing verwelkom jou by die Constance Prince Maurice in Mauritius.
’n Paradys tussen meer en lagune
Constance Prince Maurice is knus geleë in ’n eksklusiewe 60-hektaar private skiereiland in die noordooste van Mauritius. ’n Asemrowende, lowergroen ware paradys. Dié romantiese wegbreekplek met sy betowerende argitektuur is intiem en versteek wat vir jou die privaatheid waarborg wat jy nodig het terwyl jy van jou sorge vergeet en vir die oomblik lewe.
Die akkomodasie by Constance Prince Maurice bestaan uit junior suites, familiesuites, villas op stelte, strandvillas met private swembaddens asook die superluukse Princely-villa wat in ’n private deel van die hotel geleë is.
Stylvol en geïnspireer deur Feng Shui-beginsels, word perfekte harmonie regdeur die oord geskep.
Verfynde kookkuns en die grootste wynkelder in die Indiese Oseaan
Prince Maurice het drie gourmet-restaurante en vier kroeë. Die Archipel and Beach Deck Restaurant en die Asian Restaurant sal jou gastronomiese kant bederf, terwyl Mauritius se enigste drywende restaurant – Le Barachois – fusie-geregte wat op seekos fokus, voorsit.
Die vier kroeë sluit ’n 175 m2 wynkelder met eksklusiewe wyne, met ’n kapasiteit van 25 000 bottels in. Dit is die grootste wynkelder in die Indiese Oseaan.
Wynparings, die Princely-ontbyt en kookklasse is almal aktiwiteite om na uit te sien.
’n Spa-dag om te onthou
U Spa deur Constance en hulle Sisley-produkte sal jou van jou daaglikse bekommernisse laat vergeet deur hulle uitmuntende spabehandelings.
Probeer die masserings, velbehandelings, verhitte swembad, sauna, stoomkamer, koue swembad, haarkapper en Brice Nicham se mani- en pedikure.
Oefenprogramme wat joga en persoonlike afrigting insluit, sowel as gesonde maaltydopsies sal jou gou soos ’n nuwe mens laat voel.
’n Perfekte afslaan
Constance Prince Maurice het twee kampioenskap-gholfbane vir almal om te geniet. Slaan af in ’n wilde, tropiese omgewing, of speel seelangs in uitstekende lig. Moet net nie só na die pragomgewing staar dat jy vergeet om te speel nie!
Gaste speel by die Legend- en Links-gholfbane by die Constance Belle Mare Plage. ’n Gratis pendelbussie word verskaf.
Aktiwiteite vir almal
Boonop is daar aktiwiteite vir almal by Constance Prince Maurice, insluitend:
- Twee tennisbane
- Fietse
- ’n Gholf-oefenbaan
- ’n Groot, hoofswembad sowel as een waar rondtes geswem kan word.
- Hobie Cats
- Waterski
- Laserbote
- Trapbootjies
- Snorkel
- Seilplankry
- Kajak
- Weeklikse gratis vlieërseilklas
Daar is ook verskeie fasiliteite wat met betaling beskikbaar is:
- Vlieghengel
- Bootreise
- Katamaran bootreise
- Diepseehengel
- Skubaduik (PADI & CMAS)
- Valskermseil
- Vlieërseil
Of jy net by die spa wil ontspan of aan adrenaliensport deelneem of selfs jou troue op een van die strande hou, Constance Prince Maurice is die tropiese wegkruip-paradys vir jou.