kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Nadia Herbst

Ons het met die aktrise Nadia Herbst gesels wat die rol van Hillside se jongste inwoner, Olivia, in die sepie 7de Laan vertolk. Sy vertel ons meer van haarself, van Olivia asook van haar toekomsplanne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jouself.

Ek is op 15 Maart 1995 gebore en het in 2013 aan die Hoërskool Paarl Gimnasium gematrikuleer. Ek woon in die Paarl. Ek het ’n ouer broer Tiaan en ’n ouer suster, Catherine. Op skool het ek baie gefokus op atletiek, veral hoogspring en verspring. Ek het provinsiale kleure in netbal en dans. As gevolg van ’n besering het ek in 2011 opgehou met sport en ek het besluit om te begin fokus op die kunste; drama en sang. Ek het dit gekies want ek is van kleins af nie bang vir ’n verhoog nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons van jou karakter op 7de Laan, Olivia.

Olivia is 21 jaar oud. Sy is nie jou tipiese poppie nie. Sy’s mooi en die mans stel baie belang in haar, maar sy’t meer as dit in haar … Sy is baie slim met ’n graad in Kommunikasiewetenskap en boeke fassineer haar omdat sy baie verlore kan raak in ’n droom. Sy’s dus ’n girl next door tipe karakter. As sy iets in die lewe soek, baklei sy hard daarvoor en as sy verlief raak op iemand, plaas sy al haar fokus op daardie persoon. Sy’s baie selfstandig, caring en het ’n goeie fashion sense. Sy lig haar opinie oor dinge en is nie bang om kanse in die lewe te vat nie. Sy werk tans in die boekwinkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is daar ooreenstemmings tussen jou en Olivia?

Snaaks genoeg het ek en Olivia baie soortgelyke eienskappe, veral oor die feit dat mense ’n blondine sien as ’n tipiese poppie. Nou kan ek met Olivia daardie stereotipe breek en wys ons het meer in ons as net looks. Ons albei is hardwerkend en het ’n sterk kop op ons skouers, maar tog as ons verlief is op, of lief raak vir ’n persoon gaan ons in dit met ons hele hart.

Olivia is ’n boekwurm. Hou jy ook van lees?

Ek sal lees, maar ek geniet syfers meer. Boeke help my om my eie idees en prentjies van ’n storie te skep en daaroor is ek mal.

Het jy ’n gunstelingskrywer en -boek?

My gunstelingskrywer is Margaret Atwood, en my gunstelingboek is een van haar boeke: The Handmaid’s Tale.

Hoe was jou eerste dag op stel by 7de Laan?

Angswekkend, maar opwindend.

Kyk jy sepies?

Ek kyk van kleins af 7de Laan en dit was nog altyd my nommer een sepie.

Het jy ooit gedink jy sal in 7de Laan speel?

Ek is ’n groot dromer en van kleins af het ek vas geglo ek gaan op 7de Laan wees. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek die industrie is ongelooflik moeilik om te betree en dit help om op die regte tyd op die regte plek te wees.

Hoe het jy deel geword van die 7de Laan-familie?

Ek het ’n oudisie gedoen.

duToit Photography

Jy het deelgeneem aan Idols SA in 2015. Hoe was hierdie ervaring en wat het jy daaruit geleer?

Dat die industrie tough is. Jy moet hard werk en dikvellig raak siende dat jy die hele tyd aan kritiek blootgestel word.

Wat het jy sedert Idols gedoen?

Ek het baie solo-shows gedoen en tans sing ek by die Rockwood Teater.

Wie is jou held?

Eks mal oor Sia. Sy skryf ongelooflike mooi liedjies en haar stem is net so ongelooflik.

Wat is jou gunsteling-dis?

Hoenderpotjie.

Is daar iemand spesiaal in jou lewe?

Nee.

Wat is vir jou belangrik?

Respek en nederigheid.

Wat wil jy nog bereik?

Ek sal graag my eie album wil hê, asook ’n geleentheid kry om oorsee op te tree en selfs movies te doen.

Wat doen jy wanneer jy nie sing of toneelspeel nie?

Ek leer my woorde. Nee, ek grap net! Ek geniet tyd saam met vriende en net om fun dinge te doen wat exciting en nuut is.

Hoe ontspan jy?

Ek kyk series en oefening help my verskriklik baie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.