kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Herman Bosman – ‘Wie word ’n miljoenêr’ se heel eerste miljoenêr!

Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Afrikaanse weergawe van Who wants to be a Millionaire? is ’n Sony Pictures-televisieformaat en is sedert 2021 ’n naelbyter op kykNET.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 47-jarige Herman Bosman het Woensdagaand, in die 12de episode van die reeks se vierde seisoen, sy laaste hulplyn na sy 75-jarige ma, Vida Bosman, ingespan om die finale vraag die hoof te bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Riaan van Heerden, Wie word ’n miljoenêr? se aanbieder, se vraag aan Herman was:

“Watter relikte wat in Parys se Notre Dame-katedraal bewaar word, is ongeskonde ná die 2019-brand?”

Vida was in die kol deur aan haar seun te sê dat dit die “doringkroon” is.

Riaan, wat saam met sy lewensmaat, Anthony Rau ’n blommeplaas in George bedryf, is ’n kern-ingenieur en het chemiese ingenieurswese by Tukkies geswot. Daarna het hy sy PhD in Amerika by die Universiteit van Michigan gedoen.

Ontmoet Herman Bosman:

Hoe lank het dit jou geneem om op Wie word ’n miljoenêr? te verskyn? Was dit ’n moeilike proses? Het jy al voorheen probeer inskryf?

Hierdie was die eerste keer gewees dat ek probeer inskryf het vir die program. Ek was nie eers bewus dat kykNET op die uitkyk vir deelnemers was nie, totdat my pa my daarvan vertel het. Ek het toe op die laaste nippertjie besluit om ’n kans te waag en in te skryf net voor die inskrywings gesluit het, want ’n ekstra geldjie is nie te versmaai nie. Die aanvanklike proses was heel maklik om aanlyn te doen, waar ek ’n paar algemene kennis vrae moes beantwoord. Ek het seker goed gedoen, want die produksiespan het binne ’n paar dae met my opgevolg met ’n aanlyn video-onderhoud waarin ek nog algemene kennis vrae moes beantwoord. Daarna het hulle my laat weet dat ek een van die deelnemers gaan wees op episode nommer 12, die voorlaaste episode van die seisoen.

Waar kom jou liefde vir vasvraprogramme vandaan?

Ek het op skool al ’n liefde gehad vir algemene kennis en vasvrakompetisies. Wanneer ons gesin oor skoolvakansies by my oom en tannie hulle gaan kuier het op die plaas by Morgenzon sou ek altyd die boks Trivial Pursuit-kaartjies saamvat en deurlees. Ek was toe op Hoërskool Richardsbaai se vasvraspan gewees wat destyds (seker so 1993) die interskole-vasvrakompetisie in Zoeloeland gewen het. Ek het ook altyd goed gedoen met die algemenekennis-kompetisies by die skool.

Ek het in Graad 11 ingeskryf vir ’n skolevasvraprogram op Afrikaanse radio (RSG se voorganger). My ma moes my nog een middag na skool Durban toe vat om van die SABC studios af deel te neem. Ek het in die eerste program uitgeval, maar die ou wat my gewen het, het darem aangegaan om die hele kompetisie te wen. Vir een van die vrae op daardie program het hulle ’n klomp leidrade gegee waarmee ons ’n bekende persoon se naam moes raai. Ek onthou nog die antwoord was Johnny Clegg gewees, maar ek was net-net te stadig met my buzzer. Meer as 30 jaar later is ek nog steeds so klein bietjie bitter oor daardie een.

Hoe voel dit om teen die vyf ander deelnemers die vinnigste vingers te probeer wees? Hardloop jou kop rond of het jy ’n tegniek om kalm te bly?

Die Vinnigste Vingers-ronde was vir my die grootste struikelblok in die kompetisie, want jy moet reg én vinnig wees. My benadering is om eers net te fokus op die vraag, dan die volgorde reg te kry in my kop en dan om dit in te tik.

Ek was baie verras toe ek in die eerste Vinnigste Vingers-ronde die enigste een was om die vraag reg te beantwoord. Ek kon baie maklik uitgemis het op die warm stoel as een van die ander vyf deelnemers my daar voorgespring het. Gelukkig gee die produksiespan darem vir ons ’n oefenronde voordat die program begin, en dit het gehelp om die senuwees te kalmeer. Wanneer ek eers op die vrae begin fokus, is dit vir my maklik om enige ander afleidings te ignoreer, amper asof ek sit en ’n eksamen aflê.

Het jy enige spesifieke voorbereiding gedoen vir jou deelname aan Wie word ’n miljoenêr?

In die weke voor die program het ek (en noodgedwonge Anthony) heelwat dokumentêre programme gekyk om my algemene kennis op te skerp. Ek was bietje senuweeagtig gewees oor my sportkennis. So, ek het ook daarop gefokus. Aangesien ons in ’n Olimpiese Spele-jaar is, het ek opgelees oor Suid Afrika se geskiedenis by die Spele, en toe kry ek wragtig ’n vraag daaroor op die program.

Was daar in enige stadium ’n tyd dat jy besef het die kans op die R1 miljoen is haalbaar?

Die vrae word geleidelik al hoe moeiliker en moeiliker. So, jy is nooit regtig seker tot op die laaste vraag of jy die miljoen kan wen of nie. Gelukkig was ek redelik konserwatief met die gebruik van my hulplyne, en ek kon nog my bel-’n-pel gebruik vir die laaste vraag. Ook maar goed so, want ek het regtig nie ’n benul gehad wat die antwoord was nie.

Ek het vir my ma gehad as een van my bel-’n-pel-kontakte, en ek het ’n voorgevoel gehad dat dit die tipe ding sou wees wat sy miskien sal weet. Maar ek was ook voorbereid gewees om weg te stap met die halfmiljoen eerder as om ’n wilde raai te vat op die laaste vraag. Maar toe my ma eers sê sy onthou iets van ’n kroon – tóé was ek seker.

Van al die vrae wat jy in die episode moes antwoord, watter een buiten die laaste een, was vir jou die uitdagendste?

Die vraag oor die naam van die helikopter op Mars het my amper gefnuik. Al die vier opsies het so eenders geklink. Dit is die vraag waar ek my 50/50-hulplyn gebruik het, en gelukkig kon ek makliker (en uiteindelik reg) kies tussen die twee oorblywende antwoorde.

Jy het ’n besonderse verhouding met jou ma, Vida. Vertel vir ons meer van haar en die rol wat sy in jou lewe speel.

Ek het my liefde vir lees van jongs af by my ma geleer. Sy sou nooit van die biblioteek af teruggekom het met net een boek nie. Dit was altyd ’n stapel boeke op ’n slag. En sy onthou alles – boeke, musiek, name, datums. Jy kan haar nie sommer vasvra nie.

Ek het ná die program eers besef dat hierdie nogal ’n familiepoging was. My pa het my aangemoedig om in te skryf, en my ma het my gehelp met die miljoenrandvraag. Hoera, vir span Bosman!

Kan jy beskryf hoe dit gevoel het toe jy besef het daardie R1 miljoen is inderdaad joune?

Toe die konfetti-kanonne skiet het alles so vinnig begin gebeur. Jy het amper nie tyd om dit alles in te neem nie. Riaan en die produksiespan was ook baie goed daarmee om die spanning te laat opbou tot op die laaste sekonde. Die miljoen randjies is natuurlik baie welkom, maar, om eerlik te wees, die lekkerste deel was vir my om al die vrae reg te kry. Ek is nogal mededingend met hierdie tipe van kompetisies, en nou kan ek vir altyd spog dat ek die eerste kykNET-miljoenrandwenner was.

Wat is jou beste raad aan voornemende deelnemers aan vasvraprogramme soos Wie word ’n miljoenêr?

Skryf in! Wie nie waag nie, wen nie.

Wat volgende: ’n bakkie, ’n troue en nog blomme?

Die geld gaan alles teruggeploeg word in ons plaas en blommebesigheid. Ons het meer plannetjies as wat daar geld voor is. So, ons gaan mooi moet dink oor waar om te begin. Maar die plaasbakkie is al klaar gekoop kort nadat die program opgeneem is, en hy ry so ver baie, baie lekker!

Lees ook: Mia le Roux onthul hoe vertigo haar deelname aan Mej. Heelal gefnuik het

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.