Nadat die Proteas Saterdag die Engeland-span met sewe paaltjies in Karatsji oorrompel het, is Suid-Afrikaners se fokus nou op Lahore, Pakistan. Die Proteas speel Woensdag teen Nieu-Seeland in die halfeindronde van die Kampioenetrofee-kriekettoernooi.
In die lig van Suid-Afrika se Proteas wat vir die halfeindstryd gekwalifiseer het, is dit net gepas om die ondersteunende vroue wat aan hulle sy staan, te wil leer ken!
Ontmoet van die Proteas se pragtige wederhelftes.
Keshav en Lerisha Maharaj
Die egpaar het die eerste keer in 2018 deur vriende ontmoet. Keshav is die Proteas se draaibouler en Lerisha is ‘n skoonheidsterapeut.
View this post on Instagram
Die pragtige paartjie moes hul troue twee keer uitstel – een keer weens die pandemie en weer toe hulle albei hul grootouers verloor het. Uiteindelik, in April 2022, het die egpaar hul troubeloftes in ‘n tradisionele Hindoe-seremonie afgelê.
View this post on Instagram
Reeza en Lee-Ann Hendricks
View this post on Instagram
Die egpaar het in 2018 by die Monte Bello Estate in Bloemfontein afgehaak. Hul seun, Callum, is in 2021 gebore.
View this post on Instagram
Heinrich en Sone Klaasen
View this post on Instagram
Sone, ‘n gekwalifiseerde radiografis is in 2020 met Heinrich getroud. Hul dogtertjie, Laya, is twee jaar oud.
View this post on Instagram
Aiden en Nicole Markram
View this post on Instagram
Aiden en Nicole het jare gelede vir die eerste keer begin uitgaan, en het uiteindelik in Julie 2023 afgehaak. Die egpaar het twee honde saam. In ‘n Instagram-plasing skryf sy die volgende boodskap aan haar man:
“Ek het dit al ‘n miljoen keer gesê, maar hier gaan dit weer. Ek is so ongelooflik trots op jou. Nie net as gevolg van jou prestasies nie, maar as gevolg van die persoon wat jy is, altyd was en ek weet altyd sal wees! Ek sal altyd jou ondersteuning wees, maak nie saak wat nie. Ek sal jou altyd aanmoedig. Ek sal jou altyd optel as jy af voel. Hou aan om jou lig te skyn, jy het nog soveel om te wys. ILY @aidenmarkram 🤍”
View this post on Instagram
Rassie en Lara van der Dussen
View this post on Instagram
Rassie en Lara, ‘n wiskunde-onderwyseres, is al meer as 12 jaar saam. In April 2018, na 6 jaar saam, het die egpaar ewige trou aan mekaar beloof.
View this post on Instagram
David en Camilla Miller
View this post on Instagram
David en Camilla het mekaar vir ses jaar geken voor hulle in 2022 begin uitgaan het. Die prag-paartjie is verlede jaar in Stellenbosch getroud en in Januarie vanjaar is hul eersteling, Benjamin gebore. Camilla is in entrepreneur en speel professioneel polo.
View this post on Instagram
Wiaan en Justine Mulder
View this post on Instagram
Wiaan en Justine is sedert 2022 man en vrou. Justine is ‘n geregistreerde berader en het haar eie aanlyn praktyk, JW Counselling.
Marco Janse en Moyika Human
View this post on Instagram
Marco se meisie, Moyika het ‘n honneursgraad in Rekeningkunde en werk tans aan haar loopbaan as ‘n geoktrooieerde rekenmeester.
Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks