kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet die vasberade gimnas wat SA by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig

Caitlin Rooskrantz sal Suid-Afrika onder die gimnastiekafdeling by die 2024 Olimpiese Spele in Parys verteenwoordig. Rooskrantz sal ook saam met die atleet Akani Simbine die amptelike vlagdraers vir Span Suid-Afrika by die internasionale spele wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Caitlin, ‘n 22-jarige van Johannesburg, maak haar tweede Olimpiese verskyning by vanjaar se spele in Parys, wat op 26 Julie afskop- ‘n merkwaardige prestasie vir die vasberade jong dame, wat reeds met verskeie internasionale titels kan spog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gimnas, wat haar reis op sesjarige ouderdom begin het, het in 2020 ons land by die Olimpiese Spele in Tokio verteenwoordig en 61ste in algehele kwalifikasies geëindig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit voel wonderlik om te weet dat ek ‘n ‘tweemalige Olimpiese atleet’ is. Om vir die eerste keer te kwalifiseer was een van my grootste lewensdrome wat ek bereik het. Ek het destyds nie eers gedink dat ek vir ‘n tweede een sou gaan nie. Maar hier is ek, so drie jaar later, op pad na my tweede een,” het Rooskrantz in ‘n gesprek met Daily Maverick gesê.

In 2020 was Rooskrantz en Naveen Daries die eerste vroulike gimnaste wat ons land sedert 2004 by die Olimpiese Spele verteenwoordig het. Inklusiwiteit en verteenwoordiging lê vir Caitlin na aan die hart.

“Verteenwoordiging maak saak, veral in ‘n sport soos gimnastiek wat oorwegend as ‘n ‘wit sport’ in ‘n land soos Suid-Afrika gesien word,” het Rooskrantz aan Olympics.com gesê.

“Ons (Suid-Afrika) is die reënboognasie en om ‘n span vol mense van kleur te hê, is baie inspirerend vir die jong meisies wat sien dat gimnastiek vir almal is,” het sy bygevoeg.

Sy het op haar sosiale media aangekondig dat sy vir die 2024 Olimpiese Spele gekwalifiseer het en het geskryf:

“Deur God se genade het ek vir die 2024 Parys Olimpiese Spele gekwalifiseer.”

Rooskrantz het voortgegaan om erkenning te gee aan die beproewings, oorwinnings en verliese wat dit geneem het om haar tweede Olimpiese plek te behaal, en het haar ondersteuners bedank.

“Aan almal by die huis, dankie vir al die liefde en ondersteuning gedurende hierdie tyd. Ek is so gelukkig om so baie mense in my hoek te hê wat my ondersteun.”

“Aan daardie dogtertjie daar buite, moet nooit ophou glo nie. God het daardie droom in jou hart vir ‘n rede geplaas. Parys, hier kom ons!”

Rooskrantz is saam met die bekwame SA naelloper Akani Simbine vanjaar as die amptelike vlagdraers vir Span Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Parys aangewys.

Wapper die Suid-Afrikaanse vlag hoog!

Hierdie artikel is oorspronklik op ons suster-tydskrif, woman & home se webtuiste gepubliseer.

Lees ook: Oefen by die werk: hier’s hoe

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

24 minutes Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.