Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp) besluit om by die polisie aan te sluit om ’n speurder te word en sy suster en niggie se moord te ondersoek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }In die middel van die episode skuif die gebeure na 1984. André (Beer Adriaanse) is nou ’n speurder en woon saam met sy vrou, Ria (Kristen Raath) en hulle twee kinders, Klippe (Emma Nelson) en klein André (Neels Clasen Jnr.), in Kroonstad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kristen, wat ’n BSc-graad in rekenaarwetenskap het en ook ’n talentvolle sangeres is, is bekend vir haar rolle in 7de Laan, Wyfie en Tydelik terminaal. Emma en Neels Jnr. is beide die kinders van akteurs. Emma is Pierre Nelson, veral bekend as Ds. Kassie in Nêrens, Noord-Kaap, se dogter, en Neels Jnr. is die seun van Neels Clasen wat die rol van Henning Nel in Niggies speel. Dit is die agtjarige Neels Jnr. se debuut in ’n TV-reeks.
Ook te sien in die tonele wat in 1984 afspeel, is Cintaine Schutte as die volwasse Henda en Jane de Wet as Poppie, Henda en André se niggie. Jana Kruger is Santjie Schoeman wat werksaam by die SAP in Kroonstad is. Carel Nel is steeds At van Wyk, maar sy rang is nou dié van kolonel.
Wilhelm van der Walt is in episode 4 te sien as Spyker, ’n polisieman wat korrup geraak het en met ’n dwelmsindikaat deurmekaar is.
Lees ook: Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’
Stian Bam (Koek, Waterfront), Wessel Pretorius (Fynskrif, Stiekyt), Daneel van der Walt (Nêrens, Noord-Kaap, Fraksie), Mienke Ehlers (Magda Louw, Wyfie), Melissa Myburgh (Trompoppie, Dinge van ’n kind), Morné Visser (Spoorloos, Dis ek, Anna) en Neels van Jaarsveld (Diepe waters, Fynskrif) tel onder die ander bekende akteurs wat later in die reeks hul verskyning maak.
Sedert die eerste episode van Niggies uitgesaai is, is daar hernieude belangstelling in die saak en was daar geweldig baie dekking in die media oor die moord, die hofsake in die 1980’s toe die skuldiges vasgetrek is en waar die families van die slagoffers nou is. Dit maak egter geensins die spanning en emosie wat nog in die TV-reeks wag, minder nie. Inteendeel, die reeks gaan kykers nog dieper insig gee in hierdie opspraakwekkende saak en die invloed wat dit op die families gehad het, en vandag nog het.
Lees ook: Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie
“Vanaand het my diep geraak,” het Elsabé Ras op kykNET se Facebook-blad geskryf ná die derde episode. “Terwyl die moordenaars wel later vir die moord vasgekeer is, wat van die emosionele skade wat hierdie moorde aan die familie gedoen het? Hoeveel is daar nie weggeraap van die ouers, die sussie, boetie, tannie en ooms nie?”
“Alle respek vir elkeen wat betrokke was om hierdie storie vir ons oop te breek. Stukkie vir stukkie,” skryf Elize Fourie.
“Mens lees daagliks van moorde en weet nooit van die tragedie wat daarna in families afspeel nie. Puik spel en reeks,” sê Bets Ferreira.
Ook kritici is gaande oor die reeks. Leon van Nierop het die reeks tien sterre op Maroela Media gegee en geskryf: “Dit is briljante gehaltewerk”. Maryke Roberts het op LitNet geskryf: “Ek is trots op hierdie wenproduksie en glo dit doen pionierswerk in hierdie genre in Suid-Afrika en dit boonop in Afrikaans”.
Niggies is Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: Spesiale potgooi oor Niggies gaan al jou vrae beantwoord
Die brug is amper hier! Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…
Deur Maretha Botes In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…
Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…
Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak
Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf Die handelsmerk was vir etlike…
Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?
Hierdie webwerf gebruik koekies.