kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Cindy, die sterbobbejaan en nog internetberoemde diere in ‘Ruben in Namibië’

Op die plaas Simmenau buite Windhoek in Namibië woon Ruben Lambrechts, ’n jong man met ’n groot digitale voetspoor: 1,2 miljoen volgelinge op Instagram, meer as 1,4 miljoen op Facebook en bykans 500 000 op TikTok. Maar dis nie Ruben wat al die aandag trek nie – mense kry nie genoeg van die doen en late van die bobbejaan Cindy Crawford, die twee meerkatte Jerry en Minki en ’n rits ander diere wat Simmenau hulle huis noem nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op 6 Januarie 2025 om 20:30 kan kykers regskuif om dié liefdevolle spannetjie te ontmoet in die eerste van twee episodes van die kort dokumentêre reeks Ruben in Namibië.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cindy, wat in 2024 haar 30ste verjaardag gevier het, is die groot ster van die werf. Sy is as babatjie deur Ruben se ouers, Barista en Malan, hans grootgemaak. Op Simmenau bly geen diere in hokke nie, en die Lambrechts-gesin hoop van die diere kan weer in die natuur hervestig word. Die diere is vrylopend en gaan terug veld toe om te jag en speel die hele dag sorgeloos rond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die eerste episode ontmoet ons die familie. Benewens Ruben, Barista en Malan, is daar Ruben se tweelingbroer, Tertius, asook die ander diere op die plaas, soos Zoey die muishond, die vlakvarkies Betsie en Bennie, Rigby die Bavariese bloedhond (Cindy se boesemmaat) en Tewis die Afrika-wildekatkruising, wie se pa ’n regte wilde kat is.

Die twee episodes is elk 48 minute lank, en die hooffokus is op Ruben en Cindy, maar daar word ook na ander kwessies gekyk, soos die jag van wild en die kritiek op sosiale media van mense wat nie Ruben se werk ondersteun nie. Ruben vertel ook hoe dit gebeur het dat hy ’n superster op sosiale media geword het en van die Ruben Lambrechts-stigting wat in November 2024 van stapel gestuur is. Die fel droogte is ook deel van hierdie storie en landskap. Die Stigting is juis in die lewe geroep om Droogtehulp Namibië te ondersteun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste episode van Ruben in Namibië word 6 Januarie om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die tweede en finale episode is op 13 Januarie. Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Rond is nié gesond vir kiets en woefie nie. Hier’s tekens dat jou troeteldier oorgewig is

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

22 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

24 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.