kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

Toe Ivan Botha en Donnalee Roberts iemand gesoek het om die musiek vir Een keer om die son te behartig, het die vervaardiger hulle van die talentvolle Almero Welgemoed vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek is gebore in Bloemfontein en het daar groot geword, my ouers bly steeds daar so ek sien gereeld die Rosestad – al het ek gemengde gevoelens daaroor. Bloemfontein kan maar klein en kleurloos met tye voel. Ek het in 2015 by Hoërskool Jim Fouché gemaktrikuleer was van plan om medies te gaan studeer. Nadat ek ’n keisersneë by ’n staatshospitaal as deel van ‘n jobshadow-week gesien het, het ek egter besluit ek is veels te sensitief vir so tipe beroep. Ek het toe my ouer broer, Nico oortuig om sy werk te bedank en ons het Mosselbaai toe getrek om by my tannie te gaan woon en ‘n gap jaar uit te toets.

Beslis. Ek en Nico is grootgemaak op Don Williams en Dana Winner se albums. Ek het in graad 3 klavierlesse begin neem en die musiekmaak-gogga het my beetgekry. Die lirieke het eers later gekom, en in graad 12 het ek ’n kunskompetisie gewen en met die prysgeld vir my ’n goeie mikrofoon gekoop. Tydens ons gap jaar in Mosselbaai het ek en Nico begin om van my musiek sommer so by ’n klavier op te neem – hy het die opnames en afneem van musiekvideo’s hanteer en ons het dit op YouTube gelaai. So het iets soos ’n loopbaan gesneeubal en hier is ons nou.

Elke album kom uit ’n baie spesifieke tyd in my lewe. Die musiek is dus ook baie gesentreerd rondom temas wat in daardie tyd vir my relevant was. Maandag, my eerste album, het baie oor my grootwordjare en drome gegaan, en Junie, die tweede album is geskryf en opgeneem tydens die Covid-19 grendeltydperk en gaan baie oor daardie tyd. Die nuutste album, ’n Brein met ’n bloukol, handel oor geestegesondheid en my verhouding met my emosies. Baie van hierdie album se liedjies kan ook in Een keer om die son gehoor word.

Ivan en Donnalee het my einde laasjaar via Danie Bester (die reeks se vervaardiger) gekontak. Ek het al saam met Danie aan ’n film gewerk waarvoor ek die klankbaan gedoen het. Hulle het vertel van die projek en dat hulle my graag wou voorstel as musikant om die klankbaan en temamusiek te vervaardig. kykNET het gelukkig ingestem en ek het toe voorgestel dat ons vir elke episode ’n oorspronklike lied ook vervaardig, en nie net ’n klankbaan nie. Ivan het baie van die idee gehou en ek het weggespring. Die temalied is eerste geskryf, met Ivan en Donnalee se tekste as inspirasie.

Lees ook: Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

Ek het begin om van die musiek te vervaardig nog voor die redigering plaasgevind het. Dus het ek net die tekste gehad om mee te werk. Ivan wou graag ’n groot repertoire van musiek reeds beskikbaar hê vir die redigeerders om mee te werk sodat die na-produksie proses so vinnig as moontlik kan gebeur.  Elke episode, behalwe vir die klankbaan en agtergrondmusiek, het ook ’n oorspronklike lied wat aan die einde speel. Die lirieke is geskryf uit die teks van die reeks, met die karakters en die storie as inspirasie.

Dit is ’n ongelooflike groot en intimiderende projek en proses, maar met Ivan aan die stuur daarvan was dit nét ‘n plesier. Die storie en karakters was ten alle tye die middelpunt van die kreatiewe proses en inspirasie vir die musiek.

Beslis. Ek het al so paar films se klankbane behartig, maar TV-reekse is ’n ander monster, maar beslis iets wat ek meer sal wil doen.

Daar is so baie! Maar ek is baie lief vir Arrival (die film wat in 2016 uitgereik is) se musiek, en ek het ook ’n spesiale plekkie in my hart vir Hans Zimmer se musiek vir Kung Fu Panda.

Ek dink Wesley West en Loki Rothman, al twee plaaslik, is beide ongelooflike musikante by wie ek graag sal wil leer oor klankbane en filmmusiek.

Lees ook: Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Ek skilder graag en is tans besig om obsessief aan truitjies en teddies te hekel vir my en my vrou se kleinding wat binnekort gebore word.

Ek dink daar is soveel dinge wat die lewe kleurvol en die moeite werd maak, maar ek het nie altyd so gedink nie. Daar was tye wat ek ’n baie negatiewe mens was, iemand wat eerder die donker wolk as die silwer randjie wou sien. Ek dink empatie, verhoudings en genade met jouself en ander, maak die lewe soveel ligter en het my gehelp om nie so swaar aan die seer van die lewe te dra nie. O ja, en musiek natuurlik. Wat is lekkerder as om saam met jou gunsteling-lied te sing?

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Een keer om die son wys Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

4 hours Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

19 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

1 day Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

1 day Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 day Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.