Elanza van Lente, Toerisme-beampte van die Namakwa Nasionale Park, meen die goeie reënval vroeg in Februarie was ongewoon. Dit is opgevolg met ’n goeie neerslag in Maart en April en dit kan daartoe lei dat die blomme vroeër as gewoonlik gaan blom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Van Lente sê vir die eerste keer het ’n paar blomme ná die reën verskyn, maar gelukkig nie die blommeprag wat tradisioneel in Augustus en September verwag word nie. Die blomme kan wel vanaf einde Julie reeds begin kop uitsteek. Die blomme in die parke se kusgebiede blom langer weens die vogtige toestande.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die kusgedeelte tussen die Groen- en Spoegrivier vertoon ’n verskeidenheid van kleure, van wit na blou en selfs helder pienk. Gewoonlik is die oorheersende kleur van die Skilpad-afdeling oranje madeliefies. Namakwaland is die tuiste van die rykste verskeidenheid flora van enige dorre streek in die wêreld. Meer as 1 000 van die geskatte 3 500 plantspesies kom slegs in hierdie streek voor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Artikel geneem vanuit SANParks Times.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.