kategorieë: Ontspanning

Ontdekkingsdag gee gaste intieme kykie na Van Loveren

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die dag is meestal met Christiena – die ikoniese vlagskip-reeks wyne van Van Loveren – gevier en het aan gaste van regoor die wêreld die geleentheid gebied om meer oor die wynreekse te wete te kom, maar ook die tuin te geniet en ander wyne in die Van Loveren-portefeulje te proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vier Retief-neefs agter die Four Cousins-reeks en die huidige geslag wat Van Loveren bestuur, is van links Bussell, Phillip, Hennie en Neil.
Die ma’s en pa’s van die vier nefies is van links Nico en sy vrou, Shan (ouers van Bussell en Hennie) en Wynand en sy vrou, Penny (ouers van Phillip en Neil).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Christiena-reeks bestaan uit ’n Cap Classique, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Shiraz, Cabernet Sauvignon en Pinotage en weerspieël die geskiedenis van die Retief-familie en hul wynmaakreis, wat hulde bring aan ’n baie formidabele vrou: Christiena van Loveren.

Sy het in 1699 as ’n pasgetroude in Suid-Afrika aangekom en ’n pragtige bruidskis, of trousseau, saamgebring. Sy was ’n sterk en eiewys vrou en was geseën met ’n groot gesin. Jare later het haar nageslag, Jean van Zyl, met Hennie Retief getrou en hul nuwe plaas ter ere van haar vernoem. Christiena se trousseau staan steeds in die Van Loveren-proelokaal.

Hierdie eksklusiewe, plek-spesifieke enkelwingerd-druiwe, word met die hand geoes en dan sagkens fyngedruk en in klein hoeveelhede verwerk.

Die ander wynreekse wat in die proelokaal geproe en gekoop kan word, sluit die Van Loveren Erfenis; die Zandvliet; Almost Zero; Retief Reserve; Rhino Run; Five’s Reserve; Tangled Tree; Papillon en Four Cousins, in.

Die Van Loveren-handelsmerk is in 1980 gestig. Die drie grootste hoogtepunte vir die Retief-span die afgelope vier dekades is die Nasionale boer van die Jaar-wenner oor alle landbousektore; die Beste Agri BEE projek (3 suksesvolle BBEEE vennootskappe) en al hul wynmedaljes en -toekennings.

Die trotse wynmaakspan is agter van links: Rico Summers (assistent-wynmaker), Schantelle Horn (assistent-wynmaker) en Jacques Cilliers (Zandvliet wynmaker). Voor sit Bussell Retief (produksie direkteur) en Chris Crafford (senior wynmaker). Die kelder is geen vreemdeling vir van die land se voorste wynpryse nie. more
In die proelokaal kan besoekers van die trofees sien wat die wynkelder al ingepalm het, en ook foto’s van die Retief-familie en die wynmakers.

Die kuierdag op die plaas, het onder die bome buite die proelokaal begin, waar gaste met spog vonkelwyn, die Christiena Cap Classique Brut en die Brut Rosé verwelkom is. Die peuselgoed, bobotie springrolls; salm op soetpatat en prosciutto met aspersies, was heerlik saam met die yskoue vonkelwyn.

Die spyskaart is deur ’n plaaslike spysenier, Maryke van Schoor, voorberei en het die beste van Suid-Afrikaanse kookkuns ten toon gestel. Vir voorgereg is ’n romerige mosselsop met ’n skeutjie kerrie, met ’n vetkoek stokkie saam met die Retief Reserve Cape White-versnit bedien.

Gaste kon toe smul aan tapas van onder meer focaccia met olywe, kersie tamaties en koue joghurt; geroosterde beet met joghurt en gepreserveerde suurlemoen; heel geroosterde blomkool met groen tahinisous; geroosterde eiervrug met kerrie-joghurt; tamaties met sumac uie en pampoensaad. Tapas is met die Christiena Sauvignon blanc en Christiena Chardonnay bedien.

Hoofgereg was stadig geroosterde lam met mens en komyn op fyn botterboon, wat met die Christiena Cabernet Sauvignon en Christiene 9 Barrels Pinotage bedien is.

Nagereg is onder die bome buite die proelokaal geniet en het bestaan uit koeksisters, melktertjies, met Van Loveren rooi muscadel, Christiena 10 Jaar potketel brandewyn en die Royal Rhino roomlikeur.

Die heerlike bobotie springrolls was ’n treffer saam met die yskoue vonkelwyn.
Terwyl gaste mekaar beter kon leer ken, is peuselgoed bedien. Die salm op soetpatat was een van die gunstelinge.
Tapas van tamaties met sumac uie en pampoensaad; geroosterde eiervrug met kerrie-joghurt en gepekelde komkommer.
Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.