kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Ontdek die volgende vlak van grasperk-versorging met Gardena se robotgrassnyer

Ontdek die volgende vlak van versorging vir jou grasperk met Gardena se robotgrassnyer – dit laat jou toe om die lewe te geniet en te doen waarvoor jy lief is sonder die beslommernis van grassny!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

GARDENA se Sileno-reeks van robotgrassnyers is die mees gevorderde oplossing om ’n groen, welige grasperk te hê, wat deurlopend goed gesny is. Maak nie saak of jy ’n klein of groot, eenvoudige of meer gekompliseerde tuin het nie; GARDENA se intelligente robotgrassnyerreeks bied die regte oplossing vir jou en jou spesifieke tuin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maklike toepbeheer – Die onlangse reeks SILENO-grassnyers werk met die nuutste tegnologie wat jou toelaat om jou snyer met behulp van ’n Bluetooth-toep te bestuur. Tel eenvoudig jou slimfoon op, maak die GARDENA Bluetooth-toep oop en jy is gereed om sonder enige ophef te gaan! Jy kan maklik jou SILENO vanaf die gemak van jou huis (tot en met 10 m van die toestel af) beheer.

Pro-stil – Sag en aanpasbaar. Ontspan in jou tuin terwyl die SILENO-grassnyer saggies werk en nie jou of jou bure sal steur nie. Die SILENO-grassnyer werk doeltreffend in alle weersomstandighede – of dit reën of die son skyn.

Presies en aanpasbaar – dit navigeer en pak die smalste ruimtes en knapste hoeke met betroubare presisie aan. Met ’n funksie waarmee dit op spesifieke kolle sny, beweeg die grassnyer in ’n spiraal om al die gedeeltes van die grasperk te bereik, soos onder trampoliens en tuingereedskap. Die groot ossillerende wiele stuur die snyers maklik op gedeeltes rond wat ’n helling van tot 35% het.

Sensoriese snyfunksie – die intelligente snystelsel wat die SILENO-grassnyer se snytyd aanpas volgens hoe vinnig die gras gegroei het. Die gedeeltes wat vinniger groei, sal meer gereeld gesny word, wat ’n gelyke en welige grasperk tot gevolg het.

Volhoubaar – met die SILENO-grassnyer, hoef jy nie grassknipsels op te hark nie. Die deklaagfunksie laat fyner graspunte terug in die grasperk val en dien as natuurlike bemesting.

Maklik om te installeer – Installasie is so maklik soos ABC en kan maklik en vinnig gedoen word. Volledige installasiegids is ingesluit en daar is ’n video op die webwerf om jou te help om jou SILENO suksesvol aan die gang te kry.

Voordele daarvan om ’n robotgrassnyer te besit:

– Dis heeltemal selfstandig

– Werk dag of nag

– Werk in alle weerstoestande – of dit reën of die son skyn

– Werk vir eenvoudige of meer komplekse grasperke

– Reeks beskikbaar vir klein, middelslag- en groot tuine

– Kan vanaf die gemak van jou rusbank beheer word

– Maklik om skoon te hou

GARDENA-produkte is by alle groot hardewarewinkels en kwekerye beskikbaar. Vir meer inligting besoek www.gardena.co.za

Lees ook: Ons bied aan: Die Gardena-reeks van grassnyers en knippers.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

56 minutes Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.