kategorieë: Ontspanning

Ontdek die geheime van antieke Sjina

Verkyk jou aan die meer as 300 verbysterende kleimodelle, bronswapenrusting, knielende boogskutters en selfs die keiser se graf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sjina se eerste keiser, Qin Shihuang, wou ná sy dood in ’n vorstelike graf begrawe word, omring deur sy skatte. Om sy praalgrafte te beskerm, het hy ’n leër van terracottakrygers laat maak wat uniek in omvang is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Benewens die luisterryke skatte wat die eerste keiser se graf bevat, is dit ook ’n versteekte ondergrondse ryk. Argeoloë skat dat daar sowat 8 000 terracottafigure in die gebied rondom Qin Shihuang’s se graf is, waaronder perde, boogskutters, voetsoldate en generaals. Die meeste van die terracottakrygers is oor die ses voet hoog, aansienlik groter as die gemiddelde inwoner van die Qin-ryk van die tyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke kryger is uniek, met sy eie onmiskenbare gesig, wat die diversiteit weerspieël waaruit ’n egte leër sou bestaan. Die krygers is almal met die hand geverf, wat tot die realisme van die leër as geheel bydra. Elke kryger het ’n stempel met die naam van die verantwoordelike voorman daarop, ten einde enige foute op te spoor.

Daar word geskat dat meer as 1 000 gevangenes en dienspligtiges opgekommandeer is om die terracottakrygers te maak. Hulle is in groepe verdeel en die keiser se voormanne het oor hulle toesig gehou. Werkers het enorme hoeveelhede klei vir die produksie voorberei en elke kryger met die hand geskep. Hulle het gietvorms gebruik om die voete en ander liggaamsdele te maak, en werkers het die krygers van die grond af boontoe aanmekaargesit voordat die voltooide kryger na ’n reuse-oond geneem is om gebak te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die terracottaleër is ’n onvergeetlike stuk geskiedenis. Ontdek die mistiek van antieke Sjina by Gateway, Umhlanga Ride, Durban en eersdaags ook in Johannesburg en Kaapstad.

Kaartjies kos tussen R85 en R140
Besoek www.exporsa.co.za vir meer inligting
Telefoon: 021 418 0738
E-pos: info@exporsa.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

34 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

47 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.