kategorieë: Ons menseBekendes

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die kassie gevier en betree met dié belangrike mylpaal ’n nuwe hoofstuk wat opwindende digitale en interaktiewe aanbiedinge vir kykers, ondernemings en sakevennote insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

ontbytSAKE, die tweede oudste program op kykNET, vier met die leuse “Nou Net Vorentoe” sy silwer herdenking met ’n vars visie, een wat ook in die moderne voorkoms van sy nuwe stel neerslag vind. 

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

ontbytSAKE kry dit reg om twee belangrike elemente bymekaar te voeg – vermaak sowel as ’n fokus op klein- en medium sakeondernemings. Dit is altyd belangrik om hierdie tipe vieringe terugbeskouings te doen, nou moet ons net vorentoe kyk, want daar is heelwat uitdagings en geleenthede op die horison vir liniêre TV” sê Louis McLaren, uitvoerende vervaardiger van ontbytSAKE. ontbytSAKE se toekoms gaan ook insluit digitale- en interaktiewe elemente.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Die 25 jaar-vieringe het op Vrydag 4 April met ’n ateljee-opname by Stark Ateljees in Randburg begin met Minki van der Westhuizen as hoofgas. Bekendes soos Hykie Berg, Mia le Roux, Marlee van der Merwe en onafhanklike kunstenaars van ontbytSAKE se eie RugTeenRug MusiekFamilie, Muller Brandt en Wilmari Senekal, het saam fees gevier. Die ekonoom, Dawie Roodt, en ontbytSAKE se regisseur Melinda Meyer het nostalgiese verhale oor die program gedeel terwyl die Bravo!-span eksklusiewe beeldmateriaal en onderhoude vasgevang het.

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Die volgende is ’n paar opwindende uitbreidings in die 25ste bestaansjaar:

  • snelvuurSAKE is ‘n splinternuwe bemarkingstrategie vir adverteerders. SAKEwinkel gee kykers van ontbytSAKE toegang tot ’n verskeidenheid spesiale aanbiedinge teen eksklusiewe pryse.
  • Nuwe vars inhoud kom ook na die skerms soos waar kykers drie van Suid-Afrika se minder bekende wynroetes kan beleef.
  • ontbytSAKE se 25 Jaar glanstydskrif en Onderneming van die Jaar-toekennings vind in Oktober by die Nederburg-wynlandgoed plaas.

Lees ook: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

16 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

16 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

17 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

18 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

19 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

20 hours Gelede